'n Teoretiese en praktiese inleiding tot historiografiese annotering

Loading...
Thumbnail Image
Date
1982
Authors
Wessels, Andre
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Historiografiese annotering is 'n belangrike onderdeel van die geskiedenis-as-wetenskap. Hoewel talle historici annotering beoefen en geannoteerde tekste in gepubliseerde vorm die lig sien, is historiografiese annotering op sigself 'n onderwerp waaroor daar nog weinig geskryf is. In hierdie verhandeling word historiografiese annotering krities onder oë geneem, ontleed en aan die hand van voorbeelde bespreek. Die studie is dus beide 'n teoretiese en 'n praktiese inleiding tot annotering. Vrae waarop gelet word, is byvoorbeeld: Wat is annotering? Wat word geannoteer? Hoekom word geannoteer? Hoe word geannoteer? Die beginsels, metode en tegniek van annotering word bespreek. Die plek van historiografiese annotering in die geskiedenis-as-wetenskap word onder die soeklig geplaas, asook ander probleme en aspekte m.b.t. annotering, bv. die probleem van subjektiwiteit, die huidige stand van annotering t.o.v. die Suid-Afrikaanse historiografie en die plek van illustrasies in annotering. Ten slotte word die bestanddele van 'n geannoteerde teks. uiteengesit en bespreek. Die oogmerk is deurgaans om historiografiese annotering nie slegs teoreties aan die hand van praktiese voorbeelde te bespreek nie, maar om ook aan die voornemende annoteerder, asook by wyse van vernuwing aan diegene wat reeds prakties geannoteer het, basiese riglyne t.o.v. annotering aan te dui; probleme en slaggate uit te wys en wenke te gee. Die studie bly egter in wese slegs 'n inleiding tot die onderwerp, en daar word nie op volledigheid aanspraak gemaak nie. Die annotering van die oorlogsherinneringe van wyle kmdt. Jacob Petrus (Japie) Neser uit die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902, het as aansporing gedien vir die skryf van hierdie studie oor historiografiese annotering. Hoewel die voltooide geannoteerde oorlogsherinneringe van kmdt. Neser as die praktiese uitgewerkte voorbeeld van wat in hierdie studie teoreties uiteengesit word, beskou kan word, kon dit in die lig van die omvangrykheid van die teoretiese studie, nie by hierdie verhandeling ingesluit word nie. Dit sal weldra in die Christiaan de Wet- Annale opgeneem word.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (History))--University of the Orange Free State, 1982, Historiography, Bibliographical citations
Citation