Die Diamond Fields Advertiser en die Suid-Afrikaanse politieke krisisse, 1896-1898

Loading...
Thumbnail Image
Date
1982
Authors
Gous, Herma Henriette
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Hierdie studie handel oor die Diamond Fields Advertiser se interpretasie van die Suid-Afrikaanse politieke krisisse van die jare 1896 tot 1898 wat die Anglo- Boereoorlog voorafgegaan het. Die stryd tussen Brittanje en Transvaal om die behoud van Britse oppergesag in Suid-Afrika aan die een kant en die Transvaalse onafhanklikheid aan die ander kant het neerslag in die Kaapse politiek gevind. Die Jameson-inval wat die omverwerping van die Kruger-regering ten doel gehad het, het die blanke bevolking van Suid-Afrika in twee pOlitieke-kampe gedryf. Die Afrikaner in die Kaapkolonie is in hul simpatie met die Krugerregering verenig. Die Engelse koloniste het hulle agter die South African League en Rhodes geskaar in simpatie met die Uitlanders en ter ondersteuning van Britse oppergesag in Suid-Afrika. Die Diamond Fields Advertiser onder redaksie van Albert CartWright het egter geweier om hom onvoorwaardelik met enige van bogenoemde twee groepe te vereenselwig. Die koerant het wel die behoud van Britse oppergesag, 'n Suid-Afrikaanse federasie onder die Britse vlag en die toekenning van volle burgerregte aan die Uitlanders voorgestaan. Die gebruik van geweld ten einde bogenoemde oogmerke te bereik, is egter heftig deur die Diamond Fields Advertiser afgekeur. Cartwright het die gedagte dat Brittanje se posisie as die oppergesag in Suid-Afrika deur sameswering van die Boererepublieke en die Kaapse Afrikaners bedreig is, verwerp. Insgelyks het hy geweier om te glo dat die Britse regering of die Uitlanders enige vyandige oogmerke teen die Transvaalse onafhanklikheid gekoester het. Chamberlain se optrede t.o.v. Transvaal voor en na die Jameson-inval is in die lig van bogenoemde oortuiging geïnterpr~teer. Cartwright het bv. geweier om te glo dat Britse regeringsamptenare by die Rhodes-sameswering betrokke was. Chamberlain se versekering dat hy oor geen vooraf-kennis van die Jameson-inval beskik het nie,is sonder enige bevraagtekening deur die Diamond Fields Advertiser aanvaar. Terwyl Chamberlain gedurende die onmiddellike maande na die Jameson-inval met die gedagte van oorlog teen Transvaal gespeel het, het Cartwright nie alleen 'n gematigde optrede bepleit nie, maar volgehou dat Chamberlain nie geweld sou oorweeg nie. Ook gedurende die krisis van April 1897 het die Diamond Fields Advertiser gematigde Britse beleid t.o.v. Transvaal voorgestaan, alhoewel die koerant die Transvaalse wetgewing, wat tot die krisis gelei het, heftig veroordeel het. Cartwright het uit vrees dat die Britse regering met geweld in Transvaal sou ingryp, daarop aangedring dat die ander Suid-Afrikaanse state gesamentlik 'n protes aan die Kruger- regering moes rig. Cartwright se beleid vir die Diamond Fields Advertiser is gemotiveer deur 'n begeerte na vrede en eenheid vir Suid- Afrika. Dit was die onderliggende rede agter die koerant se teenkanting teen Rhodes se terugkeer na die Kaapse politiek na sy betrokkenheid by die Jameson-inval. Dit was ook die rede waarom dje Diamond Fields Advertiser die South African League se slagkrete ten gunste van die behoud van Britse oppergesag en sy beskuldigings van dislojaliteit teen die Afrikanerbond teengestaan het. Terwyl die gevoel van vyandigheid tussen Engels- en Afrikaanssprekendes in die Kaapkolonie hoog geloop het, het Cartwright as redakteur van die Diamond Fields Advertiser die vorming van 'n gematigde progressiewe party, wat oor die taalgrense heen sou strek, bepleit. Die Kaapse politieke klimaat op die vooraand van die Anglo-Boereoorlog het hom egter nie tot gematigdheid geleen nie. Die verkiesing van die Kaapse wetgewende vergadering in 1898 is deur die Progressiewe Party, onder aanvoering van Rhodes, in 'n stryd om Britse imperialisme teenoor Afrikaner-republikanisme omskep. Die Diamond Fields Advertiser het egter geweier om as 'n volgeling van óf Rhodes, óf Kruger, wat onderskeidelik bogenoemde stryd verpersoonlik het, geklassifiseer te word. Dit was die hoofrede agter die oorname van die Diamond Fields Advertiser deur die Progressiewes in Februarie 1898.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (History))--University of the Orange Free State, 1982, English newpaers, South African newspapers, Jameson's Raid, 1895-1896
Citation