Pogings tot Suid-Afrikaanse gebiedsuitbreiding, 1910-1924

Loading...
Thumbnail Image
Date
1979
Authors
Du Toit, F. P.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die pogings wat sedert Uniewording aangewend is om Suid-Afrika se gebied uit te brei, het nog weinig aandag van historici ontvang. In elk geval het geen Suid-Afrikaanse, historikus nog meer as net verbygaande aandag daaraan bestee nie. Tog is die tema van groot belang, want dit is bekend dat beide die onderskeie Suid-Afrikaanse regerings en die Britse regering met Uniewording en daarna die grensafbakening van Suid-Afrika as voorlopig beskou het. Vanaf die kant van Britse historici het wel enkele werke die 1ig gesien wat die tema ophelder. Die bekendste hiervan is R. Hyam, The Failure of South African Expansion. Sy werk berus op navorsing wat hy in die Record Office te Londen gedoen het, en was van groot waarde by die afhandeling van hierdie werk. Daar is min oor die tema in Suid-Afrikaanse argiewe terug te vind. Die klaarblyklike rede hiervoor is dat alle skakelwerk met die Britse regering insake die uitbreiding van Suid-Afrika se grense deur middel van die Goewerneur-generaa1 geskied het. Enkele verwysings in die amptelike korrespondensie van die Eerste Minister en in die Smuts Papers is die uitsondering. Daar is vryelik van koerantnavorsing gebruik gemaak om stof in te samel. Veral die Engelstalige koerante was hier waardevol.
Description
Keywords
Acquisition of territory -- South Africa, South Africa -- Territories and possessions, South Africa -- History, 1910-1924, Dissertation (M.A. History))--University of the Free State, 1979
Citation