Tydsperspektief as potensiële psigofortigene konstruk by die rouproses van versorgers van Alzeimer-pasiënte

Loading...
Thumbnail Image
Date
2002-12
Authors
Potgieter, Johannes Cornelis
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The passing away of a spouse is regarded as one of the most traumatic experiences any individual can encounter. The successful management of this loss, and the process of regaining psychological well-being places a big demand on the surviving spouse. When this event befalls an elderly person, which is often the case, the situation presents the spouse with unique challenges. From a prior study (Potgieter, 2000) focusing on the psychological needs of Alzheimer caregivers, it became clear that the presence of Alzheimer's disease adds additional, and often complicating factors to dealing with this experience of loss. The first objective of this study was to describe, as clearly as possible, the experiences of Alzheimer-caregivers while facing the challenges presented by this unique grieving process. Secondly attention was given, from a psychofortigenic perspective, to the potential role that the caregiver's future time perspective might play in the caregiver's successful handling of this grieving process. This survey focused on female spouses who served as caregivers after a diagnosis of Alzheimer's Disease was confirmed in their marital partners. Through the use of both quantitative and qualitative means of data analysis, the experiences of 20 caregivers were compared with a control group consisting of ladies from more or Jess the same age group. During the quantitative survey, it was expected of each of the 40 respondents to complete four questionnaires. Respondents' life satisfaction was determined by means of the Satisfaction with Life Scale (Diener, Emmonds, Larsen & Griffin, 1985). The Sense of Coherence Questionnaire (Antonovsky, 1987) and the Fortitude Questionnaire (Pretorius, 1998) were administered as a means of determining the level of psychological health or strength of respondents. By means of the Adult Dispositional Hope Scale (Snyder, 2000), also called the 'Goals Scale', the inter-group differences in respondents' levels op hope were identified. The main focus of this study was, however, of a qualitative nature. Individual interviews with 20 of the respondents, as well as material from personal diaries that were made available by some of the ladies and were analysed, shed some light on the exact nature of the caregivers' experiences of the accompanying grieving process. As part of the qualitative survey, the SELE-instrument (Westerhof & Bode, 1999) was used to determine the time perspectives of the individual respondents. As suggested by a prior study, the occurrence of a unique grieving process amongst caregivers of Alzheimer patients was confirmed and described in detail. It was also clear that both the time perspective and the psychological well-being of caregivers were adversely affected by this grieving process. Results showed that both a direct and indirect (through intervening variables) link exists between the time perspective and psychological well-being of these elderly caregivers. This result confirmed the potential role that future time perspective might play as a psychofortigenic factor during this and similar caregiving situations. If the identified factors were built into a support program, they could prove to be invaluable in protecting the psychological well-being of caregivers, both during and after the caregiving process.
Afrikaans: Die afstaan van 'n huweliksmaat aan die dood is een van die mees ontwrigtende ervaringe waarmee 'n individu gekonfornteer kán word. Dit stel geweldige eise aan die oorlewende huweliksmaat met betrekking tot die suksesvolle hantering van hierdie verlieservaring en die herwinning van eie sielkundige welstand. Wanneer hierdie verlies tydens bejaardheid toeslaan, soos inderdaad dikwels die geval is, stel dit eiesoortige eise aan die oorlewende huweliksmaat. Dit was uit 'n voorafgaande ondersoek (Potgieter, 2000) na die sielkundige behoeftes van Alzheimer-versorgers egter ook duidelik dat die voorkoms van Alzheimer se siekte 'n addisionele en dikwels kompliserende element tot die hantering van hierdie verlieservaring meebring. IV Die doel van hierdie ondersoek was in die eerste plek om die belewinge van die Alzheimer-versorger, wat in die voorafgaande studie as 'n rouproses met 'n unieke aard geïdentifiseer is, so goed as moontlik te beskryf. Tweedens is daar vanuit 'n psigofortigene hoek ondersoek ingestel na die potensiaal wat die toekomstydsperspektief van die individu inhou vir die suksesvolle hantering van hierdie verlieservaring. Daar is tydens die ondersoek gefokus op die vroulike huweliksmaats wat as versorgers optree/opgetree het in gevalle waar daar 'n diagnose van Alzheimer se siekte in die eggenoot bevestig is. Deur gebruik te maak van beide kwantitatiewe en kwalitatiewe data-ontledingsmetodes is die ervaringe van 20 versorgers vergelyk met 'n kontrolegroep wat hulle in min of meer dieselfde ouderdomsgroep bevind. Vir die kwantitatiewe ondersoek is daar van elk verwag om vier vraelyste te voltooi. Respondente se mate van lewenstevredenheid is bepaal met behulp van Diener, Emmonds, Larsen en Griffin (1985) se Lewenstevredenheidskaal. Die Koherensiesinvraelys (Antonovsky, 1987) en die Fortaliteit-vraelys (Pretorius, 1998) is afgeneem ten einde inligting te bekom met betrekking tot die mate van sielkundige gesondheid of krag waaroor respondente beskik. Deur middel van die Hoop-skaal vir Volwassenes (Snyder, 2000), ook genoem die Doelstellings-vraelys, is daar bepaal watter verskille daar in individue uit die verskillende groepe se mate van hoop was. Die navorsingsmetodologie van hierdie ondersoek was egter hoofsaaklik kwalitatief van aard. Individuele onderhoude met 20 van die dames, asook dagboekmateriaal wat in sommige gevalle deur die versorgers beskikbaar gestel is, is ontleed ten einde lig te werp op die aard van die rouproses. Die SELE (SElf en LEwe) -instrument (Westerhof & Bode, 1999) is tydens die kwalitatiewe gedeelte van die ondersoek gebruik vir die bepaling van respondente se tydsperspektief. Die voorkoms van 'n unieke rouproses by die versorgers van pasiënte met Alzheimer se siekte, soos in die voorafgaande studie geïmpliseer, is bevestig en in besonderhede beskryf. Voorts het dit duidelik geblyk dat beide die toekoms-tydsperspektief (TTP) en die sielkundige welstand van versorgers negatief beïnvloed word deur hierdie verlieservaring. Uit die resultate wou dit voorkom of daar 'n direkte asook 'n indirekte (deur middel van 'n aantal tussenganger-veranderlikes) verband tussen die tydsperspektief en die sielkundige welstand van hierdie bejaarde versorgers mag bestaan. Hierdie resultaat het gedui op die potensiële rol wat toekoms-tydsperspektief as psigofortigene faktor mag speel tydens hierdie en soortgelyke versorgingsituasies. Indien die geïdentifiseerde faktore verwerk word in die vorm van 'n ondersteuningsprogram vir versorgers, behoort dit van groot waarde te wees met betrekking tot die behoud van sielkundige welstand tydens, asook na afloop van die versorgingsproses.
Description
Keywords
Alzheimer's disease, Caregiver, Mourning process, Psychological vulnerability, Psychofortitude, Sense of coherence, Future time perspective, Psychological well-being, Thesis (Ph.D. (Clinical Psychology))--University of the Free State, 2003, Alzheimer's disease -- Patients -- Families, Caregivers -- Mental health, Alzheimer's disease -- Patients -- Care -- Psychological aspects
Citation