Belewenisse van tuisversorgers van pasiënte met Alzheimer se siekte

Loading...
Thumbnail Image
Date
2000-11
Authors
Venter, Annelie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The ageing of the population and the diminishing of subsidies to old aged homes has lead to the aged staying in the community and being cared for. The care and supervision of patients with a chronic condition such as Alzheimer's disease demands a great deal of time and is usually given by the same person. The purpose of this study was to investigate and describe the experiences of caregivers who care for patients with Alzheimer's Disease at home, as well as to describe the caring environment and the profile of the caregiver in order to develop guidelines that would·support these persons. This is a qualitative study with a quantitative component that is contextual with the purpose to explore and describe. The phenomenological approach is used in the study. Caregivers that meet with the following criteria were included in this study: Persons that are primarily responsible for the caregiving of patients who have been clinically diagnosed with Alzheimer's disease. Afrikaans or English mother tongue speakers, enabling the researcher to easily understand the described experiences of the caregivers Ethical matters were discussed with the respondents before informed consent was obtained. Data collection was done in two phases. In phase I, the qualitative section, a phenomenological interview was done with the caregiver, in which a description of the experience as caregiver was given. In phase II, the qualitative component, a questionnaire was completed by the researcher, to establish the caregiving environment and the profile of the caregiver. A pilot study was done beforehand and no problems concerning the execution of the study were identified. Data collection was sustained until saturation of data was reached. Saturation was reached after nine interviews. A recording was made during. each interview and transcribed thereafter. The transcription of the interview was analysed by using a systematic process as explained by Tesch in Creswell (1994:155). The SAS-computer programme was used in the analyzing of the questionnaires. The scientific trustworthiness of the study was ensured by credibility, transferability, reliability and confirmability. It became clear during data analyzing and review of the literature that these caregivers had negative experiences of home care of Alzheimer's patients. Information obtained from the data and literature made it possible to compose guidelines for support to the caregivers. The guidelines focussed on emotional and practical assistance.
Afrikaans: Die veroudering van die populasie en die afskaling van subsidies aan bejaardesorgeenhede het daartoe gelei dat bejaardes al hoe meer in die gemeenskap bly woon en daar versorg word. Met 'n chroniese toestand soos Alzheimer se siekte word baie tyd aan versorging en toesig afgestaan. Dit is meestal dieselfde persoon wat deurentyd na hierdie pasiënt omsien. Die doel van hierdie studie was om die belewenisse van tuisversorgers van pasiënte met Alzheimer se siekte te ondersoek en te beskryf, asook om die versorgingsomgewing en die profiel van die tuisversorger te beskryften einde riglyne vir ondersteuning aan tuisversorgers te ontwikkel. Hierdie is 'n kwalitatiewe studie met 'n kwantitatiewe komponent, wat kontekstueeel van aard is, met die doelom te verken en te beskryf Die fenomenologiese benadering is in hierdie studie gebruik. Tuisversorgers wat aan die volgende insluitingskriteria voldoen het, is by die studie ingesluit: Persone wat primêr verantwoordelik is vir die tuisversorging van pasiënte met klinies gediagnoseerde Alzheimer se siekte. Pasiënte se diagnose moet deur 'n algemene praktisyn bevestig wees. Persone met Afrikaans of Engels as moedertaal, sodat belewenisse makliker deur die navorser begryp kan word. Etiese kwessies is met respondente bespreek alvorens ingeligte toestemming verkry is. Data-insameling het in twee fases plaasgevind. In fase I, die kwalitatiewe deel, is 'n fenomenologiese onderhoud met die tuisversorger gevoer, waartydens 'n beskrywing van hul belewenis as tuisversorger gegee is. In fase II, die kwantitatiewe komponent, is 'n vraelys deur die navorser voltooi, ten einde die versorgingsomgewing en die profiel van die tuisversorger te bepaal. 'n Loodsstudie is vooraf uitgevoer, maar geen probleme rakende die uitvoer van die navorsing is geïdentifiseer nie. Data-insameling is volgehou totdat saturasie van data bereik was. Saturasie is na nege onderhoude bereik. Tydens die onderhoud is die gesprek op band geneem en daarna getranskribeer. Die getranskribeerde gesprek is geanaliseer deur gebruik te maak van 'n sistematiese proses soos uiteengesit deur Tesch in Creswell (1994: 155). Die SAS-rekenaarprogram is gebruik in die analisering van die vraelys. Die wetenskaplike egtheid van die studie is verseker deur geloofwaardigheid, oordraagbaarheid, vertroubaarheid en bevestigbaarheid te verseker. Tydens data-analise en literatuurkontrole het dit duidelik geblyk dat tuisversorgers die versorging van pasiënte met Alzheimer se siekte baie negatief beleef. Uit die data en literatuur was dit moontlik om riglyne vir ondersteuning aan tuisversorgers saam te stel. Daar is gefokus op emosionele en praktiese hulp.
Description
Keywords
Alzheimer's disease -- Patients -- Families, Alzheimer's disease -- Patients -- Home care, Senile dementia -- Patients -- Home care, Dissertation (M.Soc.Sc. (Nursing))--University of the Free State, 2000
Citation