Die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone: lesse uit Kanada

Loading...
Thumbnail Image
Date
2016
Authors
Du Toit, P. G.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Faculty of Law, University of the Free State
Abstract
English: This contribution investigates the basis for the criminal liability of juristic persons in Canada in an attempt to gain lessons for South Africa. The Canadian position acknowledges both the fragmented nature of corporate decision-making and the reality that the collective efforts of a number of corporate role players may cause criminal conduct. Furthermore, the conduct and fault elements of corporate criminal misconduct do not have to be found in one individual. The conduct of a representative of the corporate entity may be regarded as the conduct of the corporation, whilst the fault requirement may be found to be the level of management. This approach, although not entirely ‘realistic’, takes into account the nature of modern corporate entities much better than traditional individualistic approaches to corporate criminal liability.
Afrikaans: Hierdie bydrae ondersoek die grondslag vir die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone in Kanada in ’n poging om moontlike lesse vir die Suid-Afrikaanse reg daaruit te neem. Die Kanadese benadering gee erkenning aan die gefragmenteerde aard van korporatiewe besluitneming én aan die realiteit dat die kollektiewe gedrag van verskeie persone op verskillende vlakke van die korporatiewe hiërargie die misdadige gedrag kan veroorsaak. Voorts hoef die gedrags – en skuldelemente nie aan ’n enkeling toegeskryf te word nie. Die gedrag van die korporatiewe verteenwoordiger kan die handelingselement vorm, terwyl die skuldelement by die bestuur kan lê. Hierdie benadering, hoewel nie volkome ‘realisties’ van aard nie, verreken tog die aard van moderne regspersone heelwat beter as tradisionele individualistiese benaderings tot die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone.
Description
Keywords
Criminal liability, Juristic persons, Canada, Corporate criminal misconduct
Citation
Du Toit, P. G. (2016). Die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone: lesse uit Kanada. Journal for Juridical Science, 41(1), 83-98.