'n Ondersoek na die praktiese bruikbaarheid van die aanlegprofieltoetse in die S.A. Weermag

Loading...
Thumbnail Image
Date
1982
Authors
Marais, Leon
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 1. Doel van die ondersoek. In die poging om mense te klassifiseer volgens hulle aanlegte of basiese vermoens het daar verskeie indelings ontstaan. 'n Verdere indeling wat in hierdie verhandeling ondersoek is, is die teoretiese (data), kommunikatiewe (mense) en praktiese (dinge) aanleg. Sover bekend, is daar nog nie sielkundige toetse ontwikkel wat menslike hoedanighede volgens die indeling meet nie. Omdat hierdie indeling direk aansluit by die huidige posontledingstelsel van die Weermag, was die navorser van mening dat 'n ondersoek na die praktiese bruikbaarheid van die Aanlegprofieltoetse van Prof. H.P. Langenhoven in die Weermag 'n nuttige bydrae kon lewer. 2. Die aard van werk in die Weermag. Posontleding vorm die basis van enige personeelstelsel. Die Weermag se belowende stelsel is geskoei op die alombekende "data, mense en dinge" konsep (Functional Job Analysis) en sluit uitstekend aan by die standpunt wat Prof. Langenhoven huldig, naamlik dat alle werk verdeel kan word in data (dinkelemente), mense (interpersoonlike) en dinge (doenelemente). 3. Teoretiese grondslae waaruit die Aanglegprofieltoetse ontwikkel is. In die navorsing gedoen oor die aard van algemene vermoens, aanlegte en belangstelling (Hoofstuk 2), is gevind dat vroeere navorsers reeds op hierdie basiese indeling afgestuur het. Hierdie klassifikasie hou verband met die indeling van werk in vakkundige-, bestuurs- en bedryfswerk. 4. Empiriese ondersoek. In hierdie gedeelte van die verhandeling is daar na die volgende aspekte gekyk: (a) Statistiese beskrywing van die Aanlegprofieltoetse, (b) die geldigheid daarvan m.a. w. of die toetse meet wat dit veronderstel is om te meet en of dit verband hou met die soort inligting wat in die Weermag benodig word, (c) die betroubaarheid daarvan, m.a.w. of die toetse konsekwent meet, en (d) of die toetse ekonomies is in terme van tyd, kostes en mannek~ag nodig vir die administrasie daarvan. Hierdie ondersoek is gebaseer op die normberekening en -toepassing van die toetse op 'n 800-tal dienspligtiges in Bloemfontein en verdere navorsing is gevolglik nodig om die waarde en die beste gebruik van die toetse te verseker. Die grootste probleem waarmee die navorser te kampe gehad het, was die gebrek aan geldige kriteria. Opleidingspunte is nie noodwendig 'n aanduiding van operasionele sukses of sukses as 'n opleidings-instrukteur nie. Die getalle waarmee gewerk moes word, was somtyds baie klein, met die gevolg dat die resultate daardeur benadeel kon word. Deur net hierdie twee faktore te verbeter, mag die resultate heelwat verbeter word. Die belangrikste gevolgtrekkings wat uit die verwerking van die gegewens (Hoofstuk 4) verkry is, is die volgende: (i) dat die geldigheid van die toetse aanvaarbaar is. Weens die gebrek aan goeie kriterium-punte is die korrelasies laer as wat graag verkry sou wou word. Dit kan egter, soos hierbo genoem, heelwat verbeter word. (ii) die betroubaarheid van die toetse is uitstekend en ten spyte van die klein groepies mense, is korrelasies van tot 0,90 (0, 75 die laagste) verkry. (iii) die toetse is baie ekonomies in terme van tyd, kostes en mannekrag benodig. (iv) die toetse kan ook gebruik word: vir beroepsvoorligting, om eksamenpunte te voorspel vir die plasing van mense in die regte eenheid, vir die identifisering van leierspotensiaal. Ten slotte is die navorser van mening dat die Aanlegprofieltoetse saam met die Beroepsorientasietoets 'n nuttige bydrae kan lewer en wel in die volgende twee rigtings: (i} As 'n klassifikasie-hulpmiddel, waar die ideaal sou wees om die kenmerkende profiele van poste sowel as kandidate te bepaal en dit dan teen mekaar op te weeg, en (ii) as 'n voorligtingshulpmiddel, waar daar aan dienspligtiges, wat die Weermag na twee jaar verpligte diens verlaat, die nodige insig ten opsigte van wat sy swak- en sterkpunte, asook belangstelling is, gegee kan word. Meer navorsing moet egter nog hieroor gedoen word en enkele. aanbevelings word in Hoofstuk 6 gedoen. vir die identifisering van leierspotensiaal.
Description
Dissertation (M.Pers. (Industrial Psychology))--University of the Free State, 1982
Keywords
Ability -- Testing, Occupational aptitude tests, South Africa -- Armed forces
Citation