A toponymical study of place name heritage in Mossel Bay (Western Cape)

Loading...
Thumbnail Image
Date
2015-07
Authors
Steenkamp, Joan-Marié
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: After 1994, name changes in South Africa have formed an important part in the reflection of the new democracy. The semiotic landscape needs to be representative of South Africa’s diverse inhabitants. The importance of this is that it creates a sense of belonging to previously marginalised groups. It is also a way to show political change from a previously hegemonic regime. This study set out to determine if in a typical South African town such as Mossel Bay the toponymic corpus reflect the heterogeneous community. This reflection does not only focus on the post-1994 era, but also on representation throughout the town’s history, i.e. the study aimed to see if the town’s heritage is captured in the toponymic corpus as well. To determine this, a database of toponyms was created using maps, books, archive documents, interviews and fieldwork. The study used both intensive and extensive methods of research. Intensive methods refer to the micro-study of each individual toponym – the name, previous names, approximate dates, language, type of name and additional information (origin). The extensive method focuses on pattern analysis. In this case, more emphasis was placed on the extensive approach, as the aim of the research was to get an overall view of the naming practices of Mossel Bay. Demographic factors such as ethnic and language groups were also included in the findings, as this was needed as a background against which to test the heterogeneity of the toponymic corpus. The findings show that Mossel Bay’s toponymic corpus does largely reflect its inhabitants. The findings also show that English and Xhosa toponyms have increased in the past few decades, as opposed to Afrikaans toponyms. The correlation between spoken language and the language of the toponym shows that 1) to some degree, Afrikaans is underrepresented in the toponymic corpus, as the majority of the inhabitants are Afrikaans speaking; 2) Xhosa has the closest correlation between the spoken language and language of toponym; and 3) English is overrepresented, although some of the names that make up the aggregate percentage stem from the English era of occupation. The new trend to name places in English thus has the potential to undermine representation in future. Further analysis showed that even though Mossel Bay’s toponymic corpus is overall representative, it is not universally representative. In other words, toponyms are still closely linked to the previously demarcated areas under the segregation policy. This is an area where reparation might be necessary. However, in order not to lose the heritage inherently bound to toponyms, it is recommended that places of high visibility be created with names commemorating previously marginalised groups. Furthermore, Mossel Bay has a naming policy that encourages politically neutral names that commemorate important figures in Mossel Bay’s history. The conclusion of the study is that Mossel Bay represents its heterogeneous community, but there are areas where reparation is needed to enhance the prestige and representation of previously marginalised groups. Resultant from this it is recommended that naming authorities in South Africa adopt the kind of corpus-based approach demonstrated in this study for further toponymic management in order to balance the tension between heritage conservation and representivity in name change.
Afrikaans: Naamsverandering in Suid-Afrika na 1994 het ʼn belangrike deel uitgemaak van die weerspieëling van die nuwe demokrasie. Die semiotiese landskap moet verteenwoordigend van Suid-Afrika se diverse inwoners wees. Die belangrikheid hiervan is dat dit ʼn sin van samehorigheid aan voorheen gemarginaliseerde groepe verleen. Verder is dit ook ʼn manier om politieke verandering vanaf ʼn voorheen hegemoniese regime aan te toon. Hierdie studie het gepoog om te bepaal of die toponimiese korpus die heterogene gemeenskap in ʼn tipies Suid-Afrikaanse dorp soos Mosselbaai weerspieël. Hierdie weerspieëling fokus nie net op die post-1994 era nie, maar ook op verteenwoordiging dwarsdeur die dorp se geskiedenis. Die studie strewe met ander woorde daarna om te bepaal of die dorp se erfenis ook in die toponimiese korpus vasgelê word. Om dit te bepaal, is ʼn databasis van toponieme met behulp van kaarte, boeke, argiefdokumente, onderhoude en veldwerk geskep. Die studie het intensiewe sowel as ekstensiewe navorsingsmetodes gebruik. Intensiewe metodes verwys na ʼn mikrostudie van elke individuele toponiem – die naam, vorige name, benaderde datums, taal, tipe naam en bykomende inligting (oorsprong). Die ekstensiewe metode fokus op patroonanalise. In hierdie geval het die klem meer geval op die ekstensiewe benadering, aangesien die doel van die navorsing was om ʼn oorsig te bied van die naampraktyke van Mosselbaai. Demografiese faktore soos etniese en taalgroepe is ook in die bevindings ingesluit, aangesien dit as agtergrond waarteen die heterogeniteit van die toponimiese korpus getoets kon word, nodig was. Die bevindings toon aan dat Mosselbaai se toponimiese korpus wel tot ʼn groot mate sy inwoners weerspieël. Die bevindings toon verder dat Engelse en Xhosa-toponieme oor die afgelope paar dekades toegeneem het, in teenstelling met dié van Afrikaans. Die korrelasie tussen die gesproke taal en die taal van die toponiem toon aan dat 1) Afrikaans tot ʼn mate onderverteenwoordig is in die toponimiese korpus, aangesien die meerderheid inwoners Afrikaanssprekend is; 2) Xhosa toon die nouste verband tussen die gesproke taal en taal van die toponiem; terwyl 3) Engels oorverteenwoordig is, alhoewel sommige van die name wat die gemiddelde persentasie uitmaak ʼn oorblyfsel van die era van Engelse besetting is. Die nuwe neiging om plekke in Engels te benoem het daarom die potensiaal om verteenwoordiging in die toekoms te ondermyn. Verdere analise het aangetoon dat, selfs al is Mosselbaai se toponimiese korpus oor die algemeen verteenwoordigend, dit nie universeel verteenwoordigend is nie. Toponieme is met ander woorde nog steeds sterk gekoppel aan die voorheen afgebakende gebiede onder die segregasiebeleid. Hierdie is ʼn area waar verandering moontlik nodig is. Om egter nie die erfenis wat inherent aan toponieme verbonde is te verloor nie, word dit aanbeveel dat plekke met ʼn hoë sigbaarheidsvlak geskep word en name daaraan toegeken word wat voorheen gemarginaliseerde groepe herdenk. Verder het Mosselbaai ʼn naambeleid wat polities-neutrale name aanmoedig, wat belangrike figure in Mosselbaai se geskiedenis gedenk. Die gevolgtrekking van hierdie studie is dat Mosselbaai wel sy heterogene gemeenskap verteenwoordig, maar dat daar areas is waar verandering nodig is om die prestige en verteenwoordiging van voorheen gemarginaliseerde groepe uit te bou. Voortspruitend hieruit word dit aanbeveel dat liggame in Suid-Afrika wat met naamgewing werk die tipe korpusgebaseerde benadering aanvaar wat in hierdie studie vir verdere toponimiese bestuur aangetoon is ten einde die spanning tussen erfenisbewaring en verteenwoordiging in naamverandering te balanseer.
Description
Keywords
Toponymy, Toponymic research, Intensive research approach, Extensive research approach, Semiotic landscape, Toponymic corpus, Representivity, Representation, Reparation, Critical place-name study, Commemoration, Place names, Dissertation (M.A. (Linguistics))--University of the Free State, 2015, Names, Geographical -- South Africa -- Mosselbaai
Citation