Literatuurbewaring en biblioteekaktiwiteite in die Ou Nabye Ooste

Loading...
Thumbnail Image
Date
1997-01
Authors
Du Toit, Jaqueline Susann
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Ancient Near Eastern libraries and archives are social institutions, therefore needsoriented The description of Ancient Near Eastern literature preservation and library activities is dependent on the community in transition from an oral to a literate culture. Within this frame of reference the emergence of writing as a parallel medium of communication to speech, creates a beneficial environment for the gradual emergence of textual collections as a physical substitute for the so-called oral repository. No integral commonality in the origins and development of individual Ancient Near Eastern collections has been isolated thus far. The 30th Rencontre As.\yriologique Internationale concentrated on specific collections rather than on striving for a comparative study. Information Scientists and Ancient Near Eastern scholars experience difficulties in typifying ancient collections as either libraries and/or archives The viability of the present research lies in the establishment of the cultural-historical setting for the ancient archive or library. Hereby illustrating the textual organisational activities of the community. This does not include a chronological study of the collections, as there seems to be no indication of an evolutionary development of organisational practices The founder- and user community dictated the nature and progress of the collection Three collection types are identified as possible manifestations of the proto-collection, archives, libraries and genizahs. The genizah is distinguished, as no internal organisation and retrieval practices can be perceived Cognisance is taken of the problems involved in discussing the distinctive features of each, as the proto-collection is still in transition and therefore may change it's features The collections found at Ebia, Mari, Kuyunjik and Sippar are used to illustrate literature preservation and library activities Three additional "collections", seals and bullae from a post-exilic Judaic archive, Qumran and Babatha's "family-archive", are used to indicate specific problems in the description of collections. A study of this nature points to the necessity of interdisciplinary co-operation between Ancient Near Eastern Studies and Information Science in the handling of any future discoveries, as well as the implementation of the "archival method" in the organisation and retrieval of ancient collections in modern-day museums.
Afrikaans: Ou Nabye Oosterse biblioteke en argiewe is gemeenskapsinstellings en daarom behoefte georienteerd. Die beskrywing van literatuurbewaring en biblioteekaktiwiteite is afhanklik van die gemeenskap in oorgang tussen 'n mondelinge en skriftelike kultuur. Binne hierdie verwysingsraamwerk ontstaan skrif as 'n parallelle medium van kommunikasie, gelykstaande aan spraak. Dit skep gunstige omgewingsfaktore vir die geleidelike ontstaan van versamelings dokumente as 'n fisiese substituut vir die orale "biblioteek". Geen integrale gemeenskaplikheid in die ontstaan en ontwikkeling van individuele Ou Nabye Oosterse versamelings kon tot nog toe bepaal word nie. Die 30ste Rem:ontre As.,y1'ioloxiq11e lllfernationa/e het gekonsentreer op spesifieke versamelings, eerder as op die daarstelling van 'n vergelykende studie. Inligtingkundiges en Ou Nabye Oosterse geleerdes het steeds probleme met die tipering van die antieke versamelings as argief of biblioteek Die lewensvatbaarheid van hierdie navorsing is gelee in die daarstelling van 'n kultuur-historiese basis vir die antieke argief en biblioteek Hierdeur word die tekstuele organisering van die gemeenskap genlustreer. Dit sluit nie 'n chronologiese studie van die voorbeeldversamelings in nie, aangesien daar geen rede is om 'n evolusionere ontwikkeling van praktyke te verwag nie. Die gebruikersgemeenskap is verantwoordelik vir die aard en ontwikkeling van die versameling. Orie versamelingstipes word geidentifiseer as vergestaltings van die protoversameling, argiewe, biblioteke en geniza's Die geniza word onderskei, aangesien daar geen tekens van organiserings- en herwinningspraktyke is nie Kennis word geneem van die problematiese aard van enige bespreking van die spesifieke eienskappe van elk, aangesien die protovorm steeds in 'n oorgangstydperk is en daarom van aard en funksies kan verander. Die versamelings van Ebia, Mari, Kuyunjik en Sippar word gebruik om literatuurbewaring en biblioteekaktiwiteite te illustreer. Drie addissionele "versamelings", die seels van 'n post-eksiliese Judese argief, Qumran en Babata se "familieargief', word gebruik om enkele probleme in die beskrywing van versamelings aan te toon Die navorsing dui op die nodigheid van interdissiplinere samewerking tussen Ou Nabye Oosterse Studies en Inligtingkunde met die oog op die hantering van toekomstige ontdekkings Dit geld ook vir die implimentering van die "argivale benadering" in die organisering en herwinning van antieke versamelings in hedendaagse museums.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Library and Information Science)) - University of the Free State, 1997, Archives -- Middle East, Libraries and society -- Middle East -- History, Library science -- Social aspects -- Middle East
Citation