Paul’s disinterest in the fulfilling of the law - a new reading of Pauline theology

Loading...
Thumbnail Image
Date
2015-01-31
Authors
Song, Jae Young
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Univesity of the Free State
Abstract
English: The most important purpose of any investigation of Paul’s theology of the law is to explain why Paul believes that the law cannot give life. An overview of such studies shows that the failure to fulfil (keep) the law has always been the answer given by Pauline scholars, even though there might be a difference of opinion amongst them as to the reason for such a failure. In this regard, even the New Perspective was not really new. If a failure to fulfil the law were the reason for Paul’s problems with the law, it would mean that his interest lies in showing such a failure or the impossibility of fulfilling the law, which would basically constitute an anthropological approach as the problem of the law would then be related to humankind. However, Paul never refers to the impossibility of fulfilling the law perfectly in any of his letters. Instead this study shows that the answer that Paul gave to this question did not focus on humankind but on the essential nature of the law. Paul was interested in revealing the identity of the law in redemptive history, an issue for which human failure to fulfil the law was not important. Accordingly, this study introduces the following two very important Pauline ideas that have not been considered adequately by scholars before, namely the personal nature of the law and the plural nature of the law. The first one implies that fulfilling the law in the sense of being obedient to the law is unavoidable, and failing to do so is impossible. Thus a failure to fulfil the law was not what Paul was interested in. The second one implies that life and death are not determined by human failure in fulfilling the law but by the identity of the particular law that is served. By means of an intertextual reading it is showed that, for Paul, Deut. 30 hints at Gen. 3. In Rom. 7, he presents this redemptive historical framework, hinting at the two texts (Gen. 3 and Deut. 30) in a circle of intertextuality in the following way: For Paul, the two trees of death and life in Eden and the two laws of curse and blessing on Mt. Ebal and Mt. Gerizim overlap. Furthermore the Torah and the word of Christ overlap with the two laws of blessing and curse. The Torah is thus linked to the commandment of the tree of the knowledge of good and evil, as well as to the law on Mt Ebal, whereas the word of Christ is linked to the lost commandment of the tree of life and to the lost law on Mt. Gerizim. This means that the Torah cannot give life regardless of one’s fulfilling of the law. Once again, it is clear that the fulfilling of the law as such is not what Paul is interested in. Lastly, the study shows that the fulfilling of the law that Paul refers to (Gal. 5:14, 6:2; Rom. 13:10) should not be regarded as his response to the issue of the failure to fulfil the law, either. In this instance, the focus does not fall on humankind, but on the divine side of things. It refers to the relationship between the Torah and (the word or the law of) Christ. The Torah is fulfilled (transformed) to become the law of Christ. Once again it is clear that Paul is not interested in the fulfilling of the law. This study focuses on texts that are generally interpreted by scholars as referring to the impossibility of fulfilling the law. In Part A, the study shows how scholars have interpreted texts in this way by means of a historical overview. The presuppositions and basic ideas in this regard are considered and a new approach is suggested. In Part B, the study focuses on Paul’s disinterest in the fulfilling of the law in Galatians, and highlights Paul’s views on the personal nature of the law in this letter. In Part C, the study focuses on the same issue in Romans, focusing on the plural nature of the law, as well as on its personal nature. The two opposing laws, the Torah and the law of God (mind and life) are discussed. Finally, in Part D, the study deals with the meaning of the expression ‘fulfilling the law’. T he study concludes that Paul is not interested in the fulfilling of the law and that current explanations of Paul’s views of the law focus on something that Paul was not interested in himself.
Afrikaans: Die belangrikste doel van enige ondersoek van Paulus se siening van die wet is om te verduidelik hoekom hy gedink het dat die wet nie kan lewe gee nie. ’n Oorsig van sulke studies toon dat die antwoord wat Paulusnavorsers gee, altyd fokus op die onvermoë om die wet na te kom, selfs al is daar kleiner verskille in die manier waarop navorsers dié onvermoë verstaan. In hierdie opsig het selfs die New Perspective nie iets nuuts gebied nie. Indien onvermoë om die wet na te kom die rede sou wees vir die probleme wat Paulus met die wet gehad het, moes dit vir hom belangrik gewees het om hierdie onvermoë te verduidelik. Dit sou dan ’n antropologiese benadering tot die probleme van die wet impliseer. Dit gebeur egter nêrens in enige van die Paulusbriewe dat hy verwys na die onmoontlikheid om die wet volledig na te kom nie. Daarteenoor word in hierdie studie geargumenteer dat die probleem wat Paulus met die wet gehad het, nie met menslike onvermoë te doen gehad het nie, maar eerder te make het met die essensiële aard van die wet. Paulus wou die aard van die wet in terme van die heilsgeskiedenis blootlê – iets waarvoor menslike onvermoë om die wet na te kom, nie belangrik is nie. Gevolglik word daar in hierdie studie op twee ander baie belangrike aspekte in Paulus se siening van die wet gekonsentreer – twee aspekte wat nog nie werklik aandag deur Paulusnavorsers gekry het nie. Die twee aspekte is onderskeidelik die persoonlike aard van die wet en die meervoudige aard van die wet. Die eerste aspek impliseer dat nakoming van die wet in die sin van onderdanigheid aan die wet onvermydelik is, en dat dit onmoontlik is om dit nie te doen nie. Gevolglik is dit duidelik dat onvermoë om die wet na te kom, nie die saak is waarop Paulus gefokus het nie. Die tweede aspek impliseer dat geestelike dood en lewe nie bepaal word deur menslike onvermoë om die wet na te kom nie, maar bepaal word deur die bepaalde wet wat deur die mens gedien word. Deur middel van ’n intertekstuele lees word gewys hoe Deut. 30 deur Paulus in die lig van Gen. 3 gelees is. Dit doen hy in Rom. 7, waar hy hierdie heilshistoriese raamwerk gebruik en op intertekstuele wyse sinspeel op twee tekste (Gen. 3 en Deut. 30): Vir Paulus is daar ’n ooreenkoms tussen die twee bome van dood en lewe in Eden en die twee wette van vloek en seën op Berg Ebal en Berg Gerisim. Verder is daar vir hom ook ’n ooreenkoms tussen die Torah en die woord van Christus en die twee bome in Eden. Op dié manier word die Torah gekoppel aan die opdrag wat met die boom van kennis van goed en kwaad geassosieer is, asook met die wet wat op Berg Ebal gegee is. Aan die ander kant word die woord van Christus geassosieer met die verlore opdrag van die boom van die lewe en die verlore wet van Berg Gerisim. Vir Paulus impliseer dit dat die Torah nie lewe kan gee nie, selfs nie eens as ’n mens dit volkome nakom nie. Weereens blyk dus dat die nakoming van die wet nie die saak is waarop Paulus primêr fokus nie. Verder toon die studie dat ook die gevalle waar Paulus wel die uitdrukking ‘vervulling van die wet’ gebruik (Gal. 5:14; 6:2; Rom. 13:10) nie verstaan moet word as ’n antwoord van sy kant af op die onvermoë om die wet na te kom nie. In hierdie gevalle fokus hy nie op die mens nie, maar op die goddelike kant van die saak. Dit gaan oor die verhouding tussen die Torah en (die woord of wet van) Christus. Die Torah word vervul en getransformeer om die wet van Christus te word. Weer eens is dit duidelik dat Paulus nie fokus op die nakoming van die wet as sodanig nie. Hierdie studie skenk aandag aan Pauliniese tekste wat algemeen geïnterpreteer word as verwysings na menslike onvermoë om die wet na te kom. In Deel A word ’n historiese oorsig gebruik om aan te toon hoe navorsers hierdie teks geïnterpreteer het. Die voorveronderstellings en belangrikste idees in hierdie verband word ondersoek en ’n nuwe benadering word voorgestel. In Deel B val die klem op die feit dat Galasiërs toon dat Paulus nie aandag geskenk het aan die onvermoë om die wet na te kom nie. Verder word Paulus se beskouinge oor die persoonlike aard van die wet aangetoon. In Deel C val die klem op dieselfde sake in Romeine. Die persoonlike aard van die wet en die meervoudige aard van die wet word uitgelig. Die twee opponerende wette, die Tora en die wet van God (hart en lewe) word ook bespreek. In die laaste afdeling, Deel D, word aandag geskenk aan die uitdrukking ‘nakoming van die wet’. D ie studie kom tot die gevolgtrekking dat Paulus nie in die nakoming van die wet belanggestel het nie en dat bestaande studies van sy siening van die wet dus verkeerdelik fokus op ’n saak wat eintlik vir Paulus nie belangrik was nie.
Description
Keywords
New Testament Studies, The fulfilment of the law, Pauline theology, The New Perspective, The Letter to the Galatians, The Letter to the Romans, The works of the law, The Law, Gal. 3:10, Rom. 7, Exegesis, Bible -- N.T. -- Epistles of Paul -- Theology, Law (Theology) -- Biblical teaching, Paul -- the Apostle, Saint -- Views on Jewish law, Thesis (D.Th. (New Testament))--Universiy of the Free State, 2015
Citation