Die verhoudingsvoorneme van motorkopers in die Vrystaat

Loading...
Thumbnail Image
Date
2007
Authors
Mentz, Margaretha Henriëtha
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Die hoofdoel van die studie is om vas te stel of die verhoudingsvoorneme van motorkopers in die Vrystaat as basis vir marksegmentering gebruik kan word ten einde te bepaal of klante ’n positiewe verhoudingsvoorneme toon en derhalwe in ’n verhouding met die onderneming wil verbind (sien afdeling 1.7). Die sekondêre doelwitte om hierin te slaag was om: Die bedryfsinisiatiewe binne die verhoudingsbemarkingkonteks van die Suid- Afrikaanse motorbedryf te ondersoek. ’n Literatuurstudie is onderneem en die resultate word in hoofstuk 1 bespreek. Die bevindinge uit hoofstuk 1 is toegepas op die aanbevelings van verhoudingsvoorneme van kopers van nuwe motors in die Vrystaat; Verhoudingsbemarking te definieer en die ontstaan, ontwikkeling en rasionaal daarvan te ondersoek. ’n Literatuurstudie is onderneem en die resultate is in hoofstuk 2 bespreek. Die bevindinge uit Hoofstuk 2 is toegepas op die aanbevelings van verhoudingsvoorneme van kopers van nuwe motors in die Vrystaat; Die dimensies van verhoudingsvoorneme te ondersoek. ’n Literatuurstudie is onderneem en elke dimensie van verhoudingsvoorneme (betrokkenheid, verwagtinge, vergewensgesindheid, terugvoer en risiko vir verhoudingsverlies) is bespreek. Die resultate wat uit die literatuurstudie verkry is, is in hoofstuk 3 bespreek en is gebruik in die ontwikkeling van die vraelys wat klante se verhoudingsvoorneme meet; Marksegmentering en teikenbemarking te ondersoek en verhoudingsvoorneme as ʼn nuwe basis vir marksegmentering voor te stel. ’n Literatuurstudie is onderneem en al die beginsels van marksegmentering is ondersoek. Die resultate is in Hoofstuk 4 bespreek. Die verskillende segmenteringsbasisse, wat ook verhoudingsvoorneme en winsgewendheid insluit, is bespreek. Die bevindinge uit hierdie hoofstuk is gebruik in die ontwikkeling van die vraelys wat ten doel gehad het om ’n profiel van klante met ’n verhoudingsvoorneme te bepaal; Om die verhoudingsvoorneme van kopers van nuwe motors in die Vrystaat te ondersoek en aanbevelings aan die Suid-Afrikaanse motorbedryf te maak ter verbetering van aksies. ’n Aangepaste vraelys is ontwikkel om die verhoudingsvoorneme van kopers van nuwe motors in die Vrystaat te bepaal. Hierdie vraelys is gebruik tydens ’n opname onder kopers van nuwe motors in die Vrystaat. Die navorsingsmetodologie en empiriese resultate is in Hoofstuk 5 bespreek. In Hoofstuk 6 is gevolgtrekkings en aanbevelings afgelei vanuit die resultate in Hoofstuk 5. Hierdie navorsing het dus suksesvol verloop en bogenoemde doelwitte is bereik.
Description
Dissertation (M.Comm.(Business Management))--University of the Free State, 2007
Keywords
Customer relations, Automobile industry and trade -- South Africa -- Public relations, Automobile industry and trade -- Customer service, Automobiles -- Marketing
Citation