'n Vergelykende pluraliteitsanalise van die hantering van kulturele diversiteit, toegepas op Suid-Africa, die Verenigde State van Amerika en Australië

Loading...
Thumbnail Image
Date
2014
Authors
Van der Merwe, Jacobus Hercules
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: This study investigates the management of the conflict and struggles that arise when a variety of cultural groups reside in one society, under one political system (plurality). As various groups endeavour to establish their particular value system as the prevailing value system of the society, the value system of one or more of the other groups is compromised. Tension, conflict and struggle ensue. Where this struggle becomes violent, hundreds of thousands of lives can be lost. During the middle of the twentieth century, the idea emerged that plurality can be accommodated in a positive manner. Over time, this idea crystallized into the theory (or ideology) of Pluralism. The purpose of this study was to identify measures that were applied over a period of more than three centuries (1652 to 1962) in three different areas (currently known as the USA, South Africa and Australia) to manage plurality; and to determine how such measures influenced these societies in the long-term. A theory (more accurately, an ideology) like Pluralism is not the ideal instrument for objective analysis, because of its inherent value bias. This study therefore developed an empirical analytical framework through which to analyse the measures employed to handle plurality, and the effects thereof. It was felt that using this framework to conduct a comparative analysis would shed more light on both the measures that were applied over a long period in various societies, and the longterm effect of the various measures on these societies. It would also assist in projecting the probable effect of certain measures if applied to a specific society, under specific circumstances. However, the emphasis of this study is on the development of the analytical framework and the application thereof on the historical data of the chosen areas and societies from the beginning of the seventeenth century to just after the middle of the twentieth century, with a cut-off date of 1962. Although the framework was not applied to other societies, in other periods, due to the colossal nature of such an exercise, the results of this historical analysis indicate that the analytical framework developed in this study could open perspectives that could not be obtained through other methods. In the course of applying the framework illustratively to the chosen historical data, this study describes the various cultural groups involved, as well as their differences regarding numbers, language and culture. Conflicts that arose are noted, as well as the measures employed to deal with the plurality. Furthermore, from the methods that were used in various time frames, deductions are made regarding the morality that was current in those times. From an ideologically pluralistic perspective, some of the identified measures employed to cope with plurality could be regarded as negative, in that they were intended to suppress or eliminate plurality – mostly accompanied by some form of violence – whereas others could be regarded as positive, in their attempt to take plurality into consideration when determining the overarching values of the society, and even to strengthen and broaden the plurality. Finally, the morality of the actions of the various governments was judged against the prevailing morality of their times. In this study it was established that the governments of the three territories applied more or less the same methods in more or less the same periods to handle plurality under the influence of the contemporary international morality.
Afrikaans: Hierdie studie ondersoek die bestuur van die konflik en stryd wat ontstaan wanneer ʼn veelheid van kulture hulle in een samelewing, onder een politieke stelsel bevind. Soos wat groepe daarna streef om hul besondere waardestelsel as die geldende waardestelsel vir die hele samelewing te vestig, word die waardestelsels van die ander groepe gekompromitteer. Spanning ontstaan en konflik en stryd volg. Wanneer hierdie stryd gewelddadig word, kan honderde duisende mense omkom. Teen die middel van die twintigste eeu het die gedagte ontstaan dat pluraliteit op ʼn positiewe wyse geakkommodeer kan word. Hierdie gedagterigting het mettertyd gekristalliseer in die vorm van die teorie (of ideologie) van Pluralisme. Die doel van die studie was om die maatreëls te identifiseer wat oor ʼn tydperk van ongeveer drie en ʼn half eeue ( ongeveer 1600 tot 1962) in drie verskillende gebiede (hedendaags bekend as die VSA, Suid-Afrika en Australië) getref is om pluraliteit te hanteer en vas te stel hoe daardie maatreëls die pluraliteit in daardie samelewing oor die langtermyn beïnvloed het. ʼn Teorie (of eintlik ʼn ideologie) soos die Pluralisme is nie die ideale instrument om objektiewe ontledings mee te doen nie omdat dit van nature waardebelaaid is. Daarom is ʼn empiriese ontledingsraamwerk in hierdie studie ontwikkel waarmee die metodes om pluraliteit te hanteer, en die gevolge daarvan, ontleed kan word. Die gedagte was dat ʼn vergelykende ontleding aan die hand van so ʼn raamwerk meer lig kan werp op sowel die metodes wat oor ʼn lang tyd in verskillende samelewings aangewend is as die gevolge oor tyd van die aanwending van bepaalde metodes om pluraliteit te hanteer in daardie samelewings. Op hierdie wyse sou ook projeksies gemaak kon word oor watter metodes waarskynlik watter gevolge sal hê indien dit in bepaalde omstandighede in ʼn bepaalde samelewing toegepas sou word. In hierdie studie is die klem egter geplaas op die ontwikkeling van die ontledingsraamwerk en die illustratiewe toepassing daarvan op historiese gegewens naamlik dié van die reeds genoemde gebiede vanaf ongeveer die begin van die sewentiende eeu tot net na die middel van die twintigste eeu, met ʼn afsluitingsdatum van 1962. Vooruitskouende toepassings op ander situasies in ander gebiede is derhalwe nie deel van hierdie studie nie weens die omvang wat dit sou aanneem. Die resultate wat met die historiese toepassing verkry is, dui egter daarop dat die raamwerk wat in hierdie studie ontwikkel is, perspektiewe meebring wat nie deur ander metodes verkry sou konword nie. In die loop van die toepassing van die ontledingsraamwerk op die gekose historiese gegewens is die verskillende mensegroepe beskryf sowel as hul verskille ten opsigte van onder andere getalle, taal en kultuur. Daar is gelet op die konflikte wat ontstaan het en die metodes wat aangewend is om die pluraliteit te hanteer. Daar is verder uit die gebeurtenisse van die verskillende tydvakke afgelei watter moraliteit in daardie tydvakke geldend was. Sommige van die geïdentifiseerde metodes om pluraliteit te hanteer kan, uit ʼn pluralistiese (ideologiese) perspektief, beskou word as negatief omdat dit probeer om die pluraliteit te onderdruk of uit die weg te ruim – meestal gepaardgaande met geweld – terwyl ander beskou kan word as positief omdat dit probeer om die pluraliteit positief te benut tydens die gesaghebbende toedeling van waardes vir die samelewing, en om die pluraliteit selfs uit te bou. Die moraliteit van die onderskeie regerings se aksies is ook beoordeel aan die moraliteit wat in die verskillende tydperke geldend was. In hierdie studie is bevind dat die regerings van hierdie gebiede min of meer in dieselfde tydvakke (en onder dieselfde kontemporêre internasionale moraliteit ) grootliks dieselfde metodes aangewend het om pluraliteit te hanteer.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Political Studies and Governance))--University of the Free State, 2014, Cultural pluralism, Comparative government, Multiculturalism, Ethnic relations, Framework for analysis, USA, Australia, South Africa, Value systems, Shifting morality, Comparative politics, Conflict management
Citation