Emotional intelligence and leadership in corporate management: a fortigenic perspective

Loading...
Thumbnail Image
Date
2006-11
Authors
Prins, Annette
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The changing world of work necessitates a new approach to managing organisations and employees together with a stronger focus on employee wellbeing. The main aim of the study was to investigate how manager emotional intelligence influences psychological climate, job affect, and indices of work-related well-being in sub-ordinates. These include job engagement, health and contemplated quitting. Secondly, focus fell on the processes by which the proposed effects took place. Next, the extent to which these processes were mediated by sub-ordinates’ own level of emotional intelligence was investigated. Fourthly, measuring instruments were revalidated to ascertain their fit to data in the South African sample. A cross sectional correlational design was used. The sample consisted of 198 participants from private hospitals in rural and urban areas in South Africa. The sample composed mainly of nursing staff but also included health care managers. Each manager/leader was subsequently coupled (in dyads) with an employee for whom he/she acted as direct manager/team leader. The most prominent measuring instruments (developed abroad) were revalidated to ascertain how well the properties described by the test developers fit the data obtained from the current sample. Results of the confirmatory factor analyses indicated that the factors identified by the test constructors did not fit the data of the current sample well since discrepancies presented when compared to the original factor structure. Four a priori models, depicting tentative causal relationships between emotionally intelligent managers, their influence on the psychological (work) climate, subordinate job affect, work engagement, health, burnout and contemplated quitting, were investigated. The employees’ own emotional intelligence was then brought into the equation. Descriptive statistics, Productmoment correlations, multiple regressions, and structural equations modelling (SEM) were applied to analyse the data. SEM was used to test the goodness-of-fit indexes of the hypothesised models on the data. The subscales of the questionnaires served as manifest variables. Emotional intelligence did indeed contribute to how the individual experiences work climate in the current study. For manager EI the positive influence was small and non-significant whereas it was moderately strong and significant in the case of the employee’s own EI. Psychological work climate and job affect clearly demonstrated their significance as mediators in relation to indices of well-being at work and therefore needs careful consideration in the workplace. The results again serve to reiterate the important influence of affective experiences in the workplace. In a quest to understand organisational behaviour better, leaders/managers will do well to consider how best to effectively manage the affective climate at work and enhance emotional intelligence.
Afrikaans: Die veranderende wêreld van werk vereis ‘n nuwe benadering tot die bestuur van organisasies en hulle werknemers saam met ‘n sterker fokus op werknemerwelstand. Die hoofdoelwit van die studie was om ondersoek in te stel na hoe bestuurders se emosionele intelligensie, psigologiese (werks) klimaat, werksaffek en indikatore van werksverwante welstand in werknemers beïnvloed. Hierdie indikatore sluit in werksbetrokkenheid, gesondheid, uitbranding en die oorweging om hul werkgewer se diens te verlaat. Tweedens was die fokus op die prosesse waardeur hierdie veronderstelde gevolge plaasvind. Vervolgens is die mate waartoe hierdie prosesse deur die werknemer se eie emosionele intelligensie medieer is, ondersoek. Vierdens is die meetinstrumente wat gebruik is hervalideer om hulle passing ten opsigte van die Suid-Afrikaanse datastel te bepaal. ‘n Deursnitkorrelasieontwerp is gebruik. Die steekproef het bestaan uit 198 deelnemers van private hospitale in dorps-en stedelike gebiede binne Suid-Afrika Die steekproef het hoofsaaklik bestaan uit verpleegpersoneel maar het ook gesondheidsorgbestuurders ingesluit. Elke bestuurder/leier is saamgroepeer met ‘n werknemer waarvan hy/sy as direkte bestuurder/spanleier ageer. Die mees prominente meetinstrumente (in die buiteland ontwikkel) is hervalideer om te bepaal hoe goed die eienskappe soos beskryf deur die ontwikkelaars pas by die data soos verkry by die huidige steekproef. Die resultate van die faktoranalise het aangetoon dat die oorspronklike faktore soos bepaal deur die ontwikkelaars van die instrumente nie ‘n goeie passing getoon het met data verkry by die huidige steekproef nie aangesien diskrepansies voorgedoen het toe die resultate vergelyk is met die oorspronklike faktorstrukture. Vier voorafgekonseptualiseerde modelle wat verskillende oorsaaklike verhoudings tussen de emosionele intelligensie van bestuurders en hulle invloed op die psigologiese klimaat, ondergeskikte werksaffek, werksbegeestering, gesondheid, uitbranding en die oorweging om hul werkgewer se diens te verlaat is ondersoek. Beskrywende statistiek, produkmoment korrelasies, meervoudige regressies, en strukturelevergelykingsmodelle is gebruik om die data te ontleed. Strukturele vergelykings is gebruik om die passingsindekse van die gehipotetiseerde modelle op die data te toets. Die subskale van die vraelyste het as die gemanifesteerde veranderlikes gedien. Emosionele intelligensie het inderdaad bygedra tot hoe individue in die huidige studie werksklimaat ervaar het. In die geval van bestuurders was die positiewe invloed van hulle emosionele intelligensie klein en nie beduidend nie terwyl dit in die geval van die werknemer se eie emosionele intelligensie wel redelik sterk en beduidend was. Psigologiese werksklimaat en werksaffek het duidelik hulle belangrikheid as mediators in verhouding tot indikatore van werkswelstand getoon en verdien gevolglik versigtige oorweging binne die werksplek. Die resultate dien weereens om die belangrikheid van affektiewe belewing in die werksplek te bevestig. In die soeke daarna om organisatoriese gedrag beter te begryp sal dit gepas wees vir leiers/bestuurders om aandag te skenk aan die effektiewe bestuur van die affektiewe werksklimaat sowel as die ontwikkeling van werknemer emosionele intelligensie.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Psychology))--University of the Free State, 2006, Emotional intelligence, Organizational behavior -- Psychological aspects, Individual differences, Work engagement, Leader/manager, Employee,, Psychological climate, Job affect, Well-being, Health, burnout, Contemplated quitting
Citation