Evaluation of irrigated cotton cultivars in South Africa

Loading...
Thumbnail Image
Date
2011-09-20
Authors
Pretorius, M. M.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Cotton (Gossypium hirsutum) is a globally important fibre crop. The cottonseed has a high oil and protein content and is used for human and animal consumption. Innumerable commodities are made from cotton. Annual cultivar evaluations are essential to compare the yield and quality obtained in different production areas, to obtain experimental data to recommend the most suitable cultivar for a production area. The objective of this study was to evaluate the performance of different cotton cultivars under irrigation in South Africa. The cultivars planted from the 2003/2004 season up to the 2005/2006 season were NuOPAL, DeltaOPAL, DeltaOpal RR, LS9219 and SZ9314. The localities were Loskop (Mpumalanga Province), Makhathini (KwaZulu- Natal), Rustenburg (North-West Province), Vaalharts and Upington (Northern Cape) and Weipe (Limpopo Province). The Additive Main Effects and Multiplicative Interaction (AMMI) statistical model was used to describe the effect of cultivar x environment interaction on the yield of cotton planted under irrigated conditions. It is recommended that cotton producers should plant NuOPAL, since it was selected by the AMMI model as the best performer in respect of seed cotton yield and fibre yield (kg ha-1) in fifteen out of eighteen environments.
Afrikaans: Katoen is bekend as een van die mees veelsydige landbouprodukte in die wêreld. In Suid-Afrika word katoenaanplantings negatief beinvloed deur relatiewe lae pryse, hoë insetkoste, wisselkoerse, goedkoop invoere van katoenvesel en internasionale subsidies. Cultivar keuse is die belangrikste besluit wat gemaak word om optimum opbrengste te verseker. Anders as onkruid- of insekdoder keuses wat deur die seisoen aangepas of verander kan word, word cultivar keuse slegs een maal per seisoen gedoen en die besluit wat geneem word, bepaal die verbouiingsbestuur vir die hele seisoen. Ten einde aanbevelings aan produsente te verskaf aangaande die aanpasbaarheid en stabiliteit van verskillende cultivars, is vyf cultivars geplant op ses lokaliteite gedurende die periode 2003 tot 2006. Saadkatoenopbrengs, veselpersentasie, veselopbrengs en veselkwaliteite is bepaal en cultivars is geëvalueer vir prestasie en opbrengs stabiliteit in die agt veskillende katoen produserende areas. Die cultivars wat geplant is onder besproeiingstoestande, is NuOPAL, DeltaOPAL, DeltaOpal RR, LS9219 en SZ9314. Die lokaliteite was Loskop, (Mpumalanga Provinsie), Makhathini (KwaZulu-Natal Provinsie), Rustenburg (Noord-Wes Provinsie) Vaalharts en Upington (Noord-Kaap Provinsie) en Weipe (Limpopo Provinsie). Die gekombineerde variansie volgens die “Additive Mean Effective And Multiplicative Interaction (AMMI)” model is uitgevoer met die GENSTAT program en is gebruik om die effek van cultivar x omgewing interaksie te bepaal op die parameters gemeet. Om grafies die cultivar x omgewings interaksie en aanpasbaarheid van cultivars ten opsigte van omgewings te beskryf, is die AMMI model 2 XY-grafiek gebruik waar ‘n IPCA-waarde (Die “Principle Component Interaction Analysis”) geplot is teen die gemiddelde opbrengs. Die IPCA waardes van cultivars in die AMMI analise gee ‘n aanduiding van die cultivar se stabiliteit oor verskillende omgewings. Alhoewel die cultivar, LS9219, NuOPAL oortref het wat vesellengte en veselsterkte aanbetref, het dit tweede gekom na NuOPAL wat saadkatoen- en veselopbrengs aanbetref. Aangesien geen ander cultivar NuOPAL se prestasie oortref het aangaande saadkatoen- of veselopbrengs nie (gekies deur AMMI as die beste presteerder in vyftien uit die agtien omgewings aangaande saadkatoen- en veselopbrengs), word NuOPAL aanbeveel vir planting in al die verskillende katoenproduserende areas van Suid-Afrika.
Description
Keywords
Dissertation (M.Sc.Agric. (Soil, Crop and Climate Sciences))--University of the Free State, 2009, Cotton -- Irrigation -- South Africa, Cotton -- Growth, Crop yields -- South Africa, Gossypium hirsutum
Citation