Beskrywing van gesondheidsorgdiens wat aan MIV-blootgestelde/-positiewe kinders in die Vrystaatse publieke gesondheidsorgsektor gelewer word

Loading...
Thumbnail Image
Date
2009-11
Authors
Spies, Cynthia
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: This study was conducted to describe the type of health service rendered by professional nurses to HIV exposed and HIV positive children in the public health care setting of the Free State province. Three objectives were set to achieve this, namely: to describe the type of service rendered to HIV exposed and HIV positive children by professional nurses in the Free State; to determine to what degree national and provincial guidelines are implemented in the management of HIV exposed and HIV positive children in the Free State; and to use the findings to make recommendations for effective service delivery to HIV exposed and HIV positive children. The researcher made use of a quantitative descriptive design to achieve the aim of the study. Data was gathered by means of structured interviews. Professional nurses, who deliver a service to children within public health care facilities, and who met the inclusion criteria, were approached to participate in the study. Data obtained showed that treatment components with regard to HIV exposed and HIV positive children were mainly rendered at primary health care facilities. In contrast herewith, it was found that treatment components in the pediatric sections of hospitals were not implemented to the same degree. Research further reflected a need for professional nurses to undergo additional training regarding the correct management of HIV affected children. Discrepancies pertaining to effective service delivery to HIV exposed and HIV positive children were also revealed. Suggestions were made with regard to approaches which could enhance service delivery. A subsequent research project regarding the quality of service which is presently being offered to HIV exposed and HIV positive children in the public health care sector of the Free State, could be of great value.
Afrikaans: Hierdie studie is onderneem om die soort gesondheidsorgdiens wat deur professionele verpleegkundiges aan MIV-blootgestelde/-positiewe kinders in die Vrystaatse publieke gesondheidsorgsektor gelewer word, te beskryf. Drie doelwitte is gestel om die doelstelling te bereik, naamlik: om dienste wat deur professionele verpleegkundiges aan MIV-blootgestelde/-positiewe kinders in die Vrystaat gelewer word, te beskryf; om te bepaal tot watter mate nasionale- en provinsiale riglyne ten opsigte van die hantering van MIV-blootgestelde/-positiewe kinders in die publieke gesondheidsorgsektor van die Vrystaat geïmplementeer word; en bevindinge te gebruik ten einde aanbevelings vir effektiewe dienslewering aan MIV-blootgestelde/positiewe kinders te maak. Die navorser het van 'n kwantitatiewe beskrywende ontwerp gebruik gemaak ten einde die doel van die studie te bereik. Data is deur middel van gestruktureerde onderhoudvoering ingesamel. Professionele verpleegkundiges, wat in die Vrystaatse publieke gesondheidsorgfasiliteite 'n diens aan kinders lewer en aan die insluitings-kriteria voldoen het, is by die studie betrek. Hierdie studie het getoon dat die behandelingskomponente met betrekking tot MIV-blootgestelde/-positiewe kinders, oorwegend by primêre gesondheidsorgfasiliteite gelewer word. In teenstelling hiermee is bevind dat die behandelingskomponente nie tot dieselfde mate by pediatrieverwante afdelings in hospitale gelewer word nie. Be-vindinge het verder getoon dat bykomende opleiding aan professionele verpleegkundiges ten opsigte van die korrekte hantering van pediatriese MIV 'n oorweging is. Verder is leemtes wat met effektiewe dienslewering aan MIV-blootgestelde/-positiewe kinders verband hou, na aanleiding van studieresultate uitgewys. Voorstelle is gemaak met betrekking tot benaderings wat tot effektiewe dienslewering kan lei. 'n Opvolg navorsingsprojek, wat die gehalte van diens wat tans aan MIV-blootgestelde/-positiewe kinders in die Vrystaatse publieke gesondheidsorgsektor gelewer word, kan van groot waarde wees.
Description
Keywords
AIDS (Disease) -- Social aspects, Medical care -- South Africa -- Free State, Child health services -- South Africa -- Free State, Dissertation (M.Soc.Sc. (Nursing))--University of the Free State, 2009
Citation