Biology and control of the mango seed weevil in South Africa

Loading...
Thumbnail Image
Date
2008
Authors
Louw, Cornelia Estelle
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The mango seed weevil (MSW), Sternochetus mangiferae (Fabricius) (Coleoptera: Curculionidae), generally causes few problems on early-season cultivars, since the fruit are marketed and consumed before adult emergence from the fruit. Adult emergence from late-hanging cultivars, however, results in unattractive lesions that influence the marketability of the fruit. There is little evidence that MSW influences yield, although some authors argue that MSW development in the seed may lead to premature fruit drop. The economic impact of the MSW is primarily based on the fact that it is a major phytosanitary pest, restricting access to new foreign markets and contributing to substantial rejections of fruit destined for existing export countries. The MSW has no natural enemies, is monophagous on mango and completes its entire life cycle within the mango seed. The impact of this pest can, therefore, be greatly reduced by orchard sanitation. Sanitation practices, however, are labour intensive, necessitating producers to rely on alternative or additive control measures. Several semi-penetrant and contact pesticides are registered for MSW control. However, with trans-laminar products it is imperative that treatments coincide with, or are applied just after, the onset of weevil oviposition. This requires intensive and accurate scouting programmes, with an in-depth knowledge regarding the duration of oviposition necessary to ensure seasonal control. When using contact insecticides, applications should coincide with seasonal and daily activity peaks to ensure direct contact. Since adult weevils are extremely inactive, this necessitates an in-depth knowledge of MSW activity patterns. It is also imperative to understand the development cycle and life strategies of the insect in order to know at which time intervention would prove to be the most effective. The product most generally used for MSW control in the Hoedspruit magisterial district of the Limpopo Province is fenthion (Lebaycid® EC 500g/ℓ a.i.). This product is very effective, but does not provide 100% control and can lead to secondary infestations of mango scale, Aulacaspis tubercularis (Newstead) (Hemiptera: Diaspididae), and mealybug (various species). The use of organophosphates on fruit destined for certain overseas markets is also under investigation by the EU. It is for this reason that Westfalia Technological Services, over the past four years, investigated various aspects of MSW general biology, reproduction and control. The investigation into the activity patterns of adult weevils indicated that MSW were crepuscular – nocturnal insects. For this reason, applications with contact insecticides aimed at controlling the adult weevil would be expected to be more efficacious when applied at dusk. During the study investigating MSW development, it was found that the majority of MSW eggs hatched between 7 and 14 days, with some of the first instar larvae already having penetrated into the seeds between 7 and 14 days after oviposition, depending on whether the eggs were laid early or late in the season. This implies that chemical control with contact and semi-penetrant chemicals, aimed at controlling the MSW larvae, should preferably not commence later than 7 days after observing the first eggs in the orchards. However, it was found during the course of this study that MSW oviposition commenced during the latter part of September and continued up to the latter part of January, a period considerably longer than previously stated in the literature. For this reason, more than one chemical application would be warranted. While investigating alternative chemical control measures, it was found that a single application with the systemic insecticide, thiamethoxam (Actara™ SC 240g/ℓ a.i.), applied during flowering in the root zone, rendered seasonal MSW control. The use of this product, therefore, negates the necessity of tedious fruit inspections and an in-depth understanding of the pest in order to determine the most appropriate time for chemical intervention.
Afrikaans: Die mango snuitkewer (MSK), Sternochetus mangiferae (Fabricius) (Coleoptera: Curculionidae), het oor die algemeen nie ‘n groot impak op die vrugkwaliteit van vroeëseisoen mango kultivars nie, aangesien dié vrugte gewoonlik bemark en geëet word voordat die volwasse kewers die vrug verlaat. Vir laat-seisoen kultivars vind dit egter dikwels plaas dat volwasse snuitkewers vanuit die saad, deur die vrugvlees, na buite beweeg. Die letsels wat so ontstaan verlaag die bemarkbaarheid van die vrug. Daar is nie baie inligting beskikbaar oor die effek van MSK op oesopbrengste nie, alhoewel sekere outeurs van mening is dat die teenwoordigheid van kewers in die saad tot verhoogde vrugafspening kan lei. Die ekonomiese impak van die MSK is meer vervat in die feit dat hierdie insek ‘n baie belangrike fitosanitêre plaag is, wat nie net toegang tot nuwe uitvoermarkte beïnvloed nie, maar ook kan lei tot die afkeur van vrugbesendings na bestaande uitvoermarkte. Die MSK het geen natuurlike vyande nie, is monofaag op mango en voltooi sy hele lewensiklus binne-in die saad. Om hierdie rede kan boordsanitasiepraktyke infestasievlakke grootliks onder beheer bring. Sanitasie is egter arbeidsintensief, en lei daartoe dat produsente meerendeels staat maak op chemiese beheer. Verskeie kontak en translaminêre produkte is vir mangoes geregistreer om MSK te beheer. Wanneer translaminêre produkte gebruik word, is dit egter baie belangrik dat die aanvangsbespuiting gedoen word sodra MSK eierlegging begin, wat noodsaak dat 'n akkurate verkenningsprogram gevolg word. Dit is ook nodig om kennis te dra van die tydsduur van eierlegging ten einde effektiewe seisoenale beheer te kan verleen. Wanneer kontakmiddels gebruik word, is dit weer belangrik om kennis te dra van seisoenale en daaglikse aktiwiteitspatrone van die insek ten einde direkte kontak te verseker. Dit is ook noodsaaklik om die lewensiklus en lewenstrategieë van die insek te ken, ten einde te kan bepaal wanneer toetrede die grootste effek sal hê. Die chemiese middel wat algemeen in die Hoedspruit omgewing van die Limpopo Provinsie gebruik word is fenthion (Lebaycid® EC 500g/ℓ a.i.). Hierdie middel is effektief, maar verleen nie altyd 100% beheer nie en kan tot sekondêre uitbrake van mango dopluis, Aulacaspis tubercularis (Newstead) (Hemiptera: Diaspididae), en wolluis (verskeie spesies) lei. Die gebruik van organofosfate op vrugte wat vir oorsese markte bestem is, word tans ook deur die EU ondersoek. Om hierdie rede het Westfalia Tegnologiese Dienste die afgelope vier jaar verskillende aspekte van die algemene biologie, voortplanting en beheer van die MSK ondersoek. Daar is, tydens die ondersoek na die gedragspatrone van die MSK, gevind dat die insek skemer- en naglewend is en dat daar veral ‘n toemane in aktiwiteit en voeding tydens skemer plaasvind. Vir hierdie rede sal blaarbespuitings met kontakmiddels, wat daarop gemik is om die volwasse kewer te beheer, meer doeltreffend wees indien bespuitings tydens skemer uitgevoer kan word. Tydens die studie om MSK ontwikkeling te ondersoek is daar gevind dat die meerderheid van MSK eiers reeds tussen 7 en 14 dae na eierlegging uitgebroei het, terwyl die eerste instar larwes reeds tussen 7 en 14 dae na eierlegging tot in die saad gepenetreer het, afhangende daarvan of die eiers vroeg of laat in die seisoen gelê is. Vir hierdie rede is dit dus noodsaaklik om chemiese beheer van die MSK larwe, met kontak- en translaminêre middels, nie later as 7 dae nadat die eerste eierlegging waargeneem is, te begin nie. Maar, aangesien dit gevind is dat MSK eierlegging tussen die einde van September en die einde van Januarie plaasvind, ‘n periode wat aansienlik langer is as waarvan in die literatuur vermelding gemaak word, sal dit beteken dat meer as een bespuiting nodig sal wees om seisoenale beheer te verleen. Uit die resultate wat verkry is met die studie waar alternatiewe chemiese beheer vir die MSK ondersoek is, het dit geblyk dat ‘n enkele tiametoksam (Actara™ SC 240g/ℓ a.i.) toediening, toegedien in die wortelsone tydens blom, effektiewe seisoenale beheer van die MSK verleen het. Die gebruik van hierdie sistemiese insekmiddel maak voortdurende vrugverkenning, asook ‘n deeglike kennis van die biologie en gedrag van die insek ten einde die beste tyd vir chemiese beheer te bepaal, oorbodig.
Description
Keywords
Dissertation (M.Sc. (Zoology & Entomology))--University of the Free State, 2008, Mango -- Diseases and pests -- South Africa, Mango -- Diseases and pests -- Control -- South Africa, Biological control, Chemical control, Eclosion, Weevil development, Oviposition, Feeding preferences, Activity patterns, Mango seed weevil, Seed weevil
Citation