The effect of physiotherapeutic Kinesio taping on selected physical symptoms associated with major depressive disorder

Loading...
Thumbnail Image
Date
2014-01-24
Authors
Erasmus, Karen
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Kinesio® taping is a relatively new form of therapeutic taping that has a variety of applications. Physiotherapists can use the tape to treat certain physical symptoms for example, pain, swelling and dysfunctional muscle activation. Major depressive disorder (MDD) is a mood disorder and physical symptoms most associated with MDD, and tested in this study were muscle tension, pain complaints, restricted breathing, less flexibility and centring of movement. The aim of this study was to investigate the effect of physiotherapeutic Kinesio® taping on selected physical symptoms associated with MDD. A double-blind, randomised controlled design was used, following a quantitative study approach. The study population consisted of 40 patients with MDD admitted to a private and public psychiatric institution in Bloemfontein. The majority (77.5%) of participants complained of pain during the study period (24 hours) and 58% complained of multiple areas of pain. The sensory and affective components associated with pain and tested by the Short Form McGill Pain Questionnaire (SF-MPQ) showed improvement in combined scores for both the experimental and placebo groups. The results of the Manual Assessment of Respiratory Motion (MARM) displayed improvement in both the placebo and experimental groups for balance of breathing and percentage ribcage motion. The Tinetti Mobility Test which assesses balance and gait showed no distinct results possibly due to the scale not being sensitive enough for the movement disorders tested Limitations of the study could have influenced the outcomes measured and it should be taken into account that of the 40 participants, 21 received physiotherapy. Other therapies received by participants during the study were not standardised and could not be controlled due to the multitude of stakeholders involved in the care of the patients. The treatment of physical symptoms associated with MDD with Kinesio® taping had mixed results, but Kinesio® taping could be a valuable adjuvant treatment modality. The importance of physiotherapy as part of the treatment regime for patients suffering from MDD was highlighted.
Afrikaans:Kinesio® pleisters is a relatiewe nuwe vorm van terapeutiese verbinding en het „n groot verskeidenheid toepassings. Fisioterapeute kan die pleisters gebruik om sekere fisiese simptome byvoorbeeld pyn, swelling en spier aktiverings disfunksie te behandel. Major depressiewe versteuring (MDV) is „n gemoedversteuring wat ook tot fisiese simptome lei. Die fisiese simptome wat meestal met die versteuring geassosieer word is spierspanning, klagtes van pyn, asemhalingsinkorting, verminderde soepelheid, verlies aan sentrering van beweging, asook „n negatiewe houding jeens fisiese voorkoms en vermoeëns. Hierdie fisiese simptome word dikwels geïgnoreer tydens die evaluering en behandeling van die versteuring. Sonder die aangehele verligting van die geassosieerde fisiese simptome van MDV kan remissie vals of onvolledig wees. Die assosiasie tussen fisiese klagtes en MDV beklemtoon die behoefte aan fisioterapie as deel van die holistiese behandelingsregime vir die depressiewe pasiëntDie doel van hierdie navorsingstudie was om die effek van fisioterapeutiese Kinesio® pleister aanwending op geselekteerde fisiese simptome geassosieer met MDV te ondersoek. Hierdie was „n dubbel-blinde, ewekansige gekontroleerde proefneming en „n kwantitatiewe studiemetode is gevolg. Studiedeelnemers was manlike en vroulike pasiënte wat met MDV gediagnoseer en opgeneem is in onderskeidelik „n staats en „n privaat psigiatriese instansie in die Vrystaat. Evaluering van die fisiese simptome is uitgevoer voor, onmiddelik na en 24 uur na die aanwending van die Kinesio® pleisters. Een navorser het die evaluasies behartig en „n ander navorser het die pleisters aangewend en die basislyn gemoedsvraelys met die deelnemers gedoenNet meer as die helfte (55%) van die deelnemers is vanaf die privaat psigiatriese instansie gewerf en 45% van die deelnemers vanaf die publieke instansie. Die meeste (80%) van die deelnemers van was vroulik. Die 138 mediane ouderdom van die deelnemers in die eksperimentele groep was 37.5 jaar en in die plasebo groep 34 jaar. Die graad van die huidige MDV episode van die deelnemers het gewissel tussen normaal en baie ernstig, met 60% van die deelnemers wat „n erge of baie erge episode beleef het. Net meer as die helfte (55%) van die deelnemers het alle beskikbare behandeling ontvang: arbeidsterapie, fisioterapie, psigoterapie en farmakologie. Hierdie resultate stem ooreen met 55% van die deelnemers wat afkomstig was van die privaat psigiatriese instansie waar al die terapieë deel was van die daaglikse behandeling. Pyn is gevalueer met behulp van die “Short Form McGill Pain Questionnaire (SF-MPQ)” deur n gestruktureerde onderhoud Beperking in asemhaling is „n palperings toets („”Manual Assessment of Respiratory Motion”) en verlies van soepelheid en sentrering van beweging is „n observasie toets van funksionele aktiwitiete (“Tinetti Mobility Test”). Die meerderheid (77.5%) van die deelnemers het pyn klagtes gehad gedurende die studie periode en 58% het gekla van pyn in meer as een area. Deelnemers het meestal (36.7%) nekpyn rapporteer, behalwe vir die plasebo groep wat teen 24 uur na aanwending hoofsaaklik (30%) van lae rugpyn gekla het. Die sensoriese en affektiewe komponente geassosieer met pyn en gemeet deur die “Short Form McGill Pain Questionnaire” het verbetering in die gekombineerde punte vir beide die eksperimentele en plasebo groepe getoon. Die resultate van die affektiewe afdeling, wat die emosionele komponent van pyn meet, was klinies beduidend. Die resultate van die “Manual Assessment of Respiratory Motion” toon verbetering in beide die eksperimentele en plasebo groepe vir balans van asemhaling sowel as die persentasie borskas beweging. Die “Tinetti Mobility Test” wat balans en looppatroon evalueer het geen duidelike resultate gehad nie as gevolg van die skaal wat moontlik nie sensitief genoeg was om bewegingsversteurings wat getoets is waar te neem nie. Tekortkominge kon die uitkomste van die studie beȉnvloed het. Dit moet in ag geneem word dat van die 40 deelnemers, 21 fisioterapie ontvang. het en dat die ander terapieȅ wat deur die deelnemers ontvang is nie gestandariseerd was of 139 beheer kon word nie as gevolg van die hoeveelheid belanghebbendes betrokke by die behandeling van die pasiȅnte. Die behandeling van die geselekteerde fisiese simptome geassosieer met MDV met Kinesio® pleisters het gemengde resultate gelewer, maar die behandelingstegniek kan „n baie waardevolle aanvullende behandelingsmodaliteit wees. Die belangrikheid van fisioterapie as deel van die behangelingsregime vir pasiënte wat aan MDV ly is bevestig en uitgelig en die noodsaaklikheid van toekomstige navorsing in die veld is beklemtoon.
Description
Keywords
Loss of centring of movements, Pain, Restricted breathing, Physiotherapeutic, Kinesio® taping, Physical symptoms, Major depressive disorder, Depression, Mental -- Physical therapy, Applied kinesiology, Bandages and bandaging, Pain -- Treatment, Dissertation (M.Sc. (Physioteraphy))--University of the Free State, 2014
Citation