The influence of clothing, wrapping and physical trauma on carcass decomposition and arthropod succession in central South Africa

Loading...
Thumbnail Image
Date
2006-06
Authors
Kelly, Janine Anne
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Forensic entomology is the study of arthropods associated with bodies. Arthropod successional studies have been successfully used to estimate a postmortem interval. This research was to determine the influence of a) seasons, b) clothing, c) wrapping and d) knife wounds on carcass decomposition and arthropod succession. The experimental site consisted of a 26 hectares grass field interspersed with trees. For the wrapped trials, six pig (Sus scrofa) carcasses were divided into three sample groups, each with a clothed carcass and an unclothed carcass wrapped in sheeting. Arthropod sampling was done (i) daily, (ii) five day intervals and (iii) ten day intervals. Two additional unwrapped carcasses, one with clothes and one without, were sampled daily as controls. For the wounds trials six carcasses were divided into three groups. Each group consisted of a carcass with clothes and one without clothes. The wounds consisted of (i) a knife wound to the throat, (ii) three deep knife wounds, in the back, in the front thoracic and in the front abdominal region. The controls, were without any wounds. Oviposition occurred simultaneously and was not delayed or hastened by the presence of wrapping, clothing or wounds. However, during the winter wrapped trials there was a delay of four days. In winter, the carcasses remained acceptable to Diptera for oviposition over an extended period. Oviposition continued up to two months after placement, whilst in the warmer seasons oviposition occurred within the first few days. The Diptera did not select the wounds as oviposition sites. Calliphoridae and Sacrophagidae were the dominant Diptera recorded during all the trials. In the autumn and summer seasons Chrysomya marginalis and Chrysomya albiceps were the dominant species. In the spring seasons, the dominant species were Chrysomya chloropyga and C. albiceps. In the winter seasons, Sarcophaga cruentata , C. chloropyga, Calliphora vicina, and Lucilia spp. were the species breeding on the carcasses. Muscidae adults were present during all the seasons, but no maggots of this family were recorded. Due to the short oviposition time during warmer seasons, the maggots were of a similar age at any time. Due to the extended oviposition that occurred during winter, different instar groups, often the same species, were present at any time. In all seasons the Coleoptera community present on the carcasses were dominated by Dermestes maculatus (adults and larvae) and Necrobia rufipes. In the summer Thanatophilus micans (adults and larvae) and Histeridae spp. were also recorded on the carcasses. There was no overall difference in arthropod succession between any of the carcasses. During the autumn seasons, noticeable predation by C. albiceps maggots on C. marginalis maggots was observed. There was limited maggot predation during the spring trials and some predation observed during the summer trials. Presence of clothing, wrapping and wounds had no influence the Coleoptera community. In the winter seasons, D. maculatus larvae were found while the maggots were still present on the carcasses. In summer seasons, they were only present after maggot migration. Significant maggot mortality was associated with the wrapped carcasses during the warmer seasons. The presence of the sheets or clothing did allow the maggots to move more freely on the surface of the carcasses, especially in the summer. Less skin remained on the wrapped or clothed carcasses after the maggots migrated to pupate.
Afrikaans: Forensiese entomologie is die studie van insekte wat met dooie liggame geassosieer word. Arthropoodsuksessie studies is reeds suksesvol gebruik om die postmortem interval te bereken. Hierdie navorsing is gedoen om die invloed van a) seisoene, b) kleding, c) toedraai en d) steekwonde op karkasse m.b.t. ontbinding en inseksuksessie te bepaal. Die narvorsing is op ‘n 26 hektars grasveld perseel met verspreide bome, uitgevoer. Vir die eksperiment waarin die karkasse toegedraai is, is ses varkkarkasse (Sus scrofa) in drie groepe verdeel, elkeen met ‘n geklede en nie -geklede karkas toegedraai in ‘n laken. Insekversamelings is (i) daagliks, (ii) elke vyf dae en (iii) elke tien dae gedoen. Twee bykomstige nie-toegedraaide karkasse, een geklede en een niegeklede, is daagliks as kontroles ondersoek. Vir die steekwonde-eksperiment is ses karkasse, wat in drie groepe verdeel is, gebruik. Elke groep het ‘n geklede en nie - geklede karkas ingesliut. Die wonde het bestaan uit ‘n snywond aan die kee l, drie diep steekwonde, in die rug, aan die voorkant in die bors en in die abdomen. Die kontroles was sonder enige wonde. Eierlegging het gelyktydig plaasgevind en is nie versnel of vertraag deur die aanwesigheid van ‘n laken (toegedraai), kleding of wonde nie. Gedurende die winter was daar egter ‘n vertraging van vier dae in eierlegging by die toegedraaide karkasse. Die karkasse het ook gedurende die winter lank geskik gebly vir eierlegging deur die Diptera. Eierlegging het tot twee maande na plasing in die veld voortgeduur. Gedurende die warmer seisoene het eierlegging binne die eerste paar dae plaasgevind. Die Diptera het nie die wonde vir eierlegging verkies nie. Calliphoridae en Sarcophagidae was die dominante Diptera wat gedurende al die eksperimente versamel is. Gedurende die herfs- en somerseisoene was Chrysomya marginalis en Chrysomya albiceps die volopste spesies. Gedurende die lente was Chrysomya chloropyga en C. albiceps die dominante spesies. Sarcophaga cruentata , C. chloropyga, Calliphora vicina en Lucilia spp. het gedurende die winter op die karkasses voorgekom. Muscidae volwassenes was aanwesig tydens alle seisoene, maar geen maaiers van hierdie familie is ooit waargeneem nie. As gevolg van die kort eierleggingsperiode tydens die warmer seisoene, was die maaiers op enige tydstip van dieselfde ouderdom. Weens die verlengde eierlegging tydens die winter was verskillende maaier ouderdomsgroepe, dikwels van dieselfde spesie, op dieselfde tydstip teenwoordig. Gedurende die verskillende seisoene was Coleoptera teenwoordig op die karkasse. Dermestes maculatus (volwassenes en larwes) en Necrobia rufipes was die dominante spesies. Gedurende die somer was Thanatophilus micans (volwassenes en larwes) en Histeridae spp. ook teenwoordig op die karkasse. Daar was geen algemene verskil in die arthropoodsuksessie op die verskillende karkasse nie. Tydens herfs is daar aansienlike predasie deur C. albiceps maaiers op C. marginalis maaiers waargeneem. Daar was beperkte maaierpredasie tydens die lente en enkele insidente van predasie is tydens die somer waargeneem. Teenwoordigheid van kleding, die feit dat die karkasse toegedraai was en teenwoordigheid van wonde het geen invloed gehad op die Coleoptera nie. Gedurende die winter is D. maculatus larwes op die karkasse gevind terwyl die maaiers steeds teenwoordig was. In die somer was hulle slegs aanwesig nadat die maaiers geëmigreer het. Beduidende maaiermortaliteit is geassosieer met die toegedraaide karkasse tydens die warmer seisoene. Die teenwoordigheid van die la kens of kleding het die maaiers toegelaat om meer vrylik op die oppervlak van die karkasse te beweeg, veral in die somer. Minder vel het op die toegedraaide of geklede karkasse oorgebly nadat die maaiers geëmigreer het om papies te word.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Zoology and Entomology))--University of the Free State, 2006, Forensic entomology, Carcasses -- Biodegradation, Arthropoda, Arthropod succession, Wrapping
Citation