The history of the Kimberley public library 1870 - 1902

Loading...
Thumbnail Image
Date
1990-09
Authors
Van Niekerk, Febe
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die doel van hierdie verhandeling is om die ontstaan en ontwikkeling van die Kimberley Openbare Biblioteek na te gaan en vas te stel in hoe 'n mate politieke, ekonomiese en sosiale toestande die biblioteek geraak het, en om die persone wat 'n leidende rol gespeel het te identifiseer. Met die ontdekking van diamante in 1871, was daar 'n groot toestroming van fortuinsoekers na New Rush, die delwersdorp in Noordkaapland. 'n Behoefte aan onstpannings- en kulturele geriewe het ontstaan en in 1873 het 'n biblioteek tot stand gekom; dit het egter misluk as gevolg van onvoldoende finansiele ondersteuning. In 1880 was daar 'n ekonomiese oplewing in die aandelemark van Kimberley. 'n Biblioteek-maatskappy is deur biblioteekkampvegters gestig en fondse is deur middel van aandele ingesamel. 'n Biblioteek is opgerig, maar voor dit betrek kon word, moes die maatskappy gelikwideer word. Die Dorpsraad van die pasgeproklameerde dorp, Kimberley, het ingetree en die biblioteek gekoop vir gebruik as 'n stadsaal. Twee vertrekke is vir biblioteekdoeleindes ingeruim. Die lokaal was egter ondoeltreffend en die Biblioteekkomitee het, onder leiding van die Voorsitter, Regter P M Laurence, 'n fondsinsamelingsveldtog van stapel gestuur. Grond is in Dutoitspanweg aangekoop en 'n biblioteekgebou is opgerig wat op 25 Julie 1887 in gebruik geneem is. Kort hierna is daar ook op die buurdorp, Beaconsfield, 'n biblioteek tot stand gebring deur die bemiddeling van mnr J B Currey, die bestuurder van die London and South African Exploration Company, met die doel orri konstruktiewe tydverdryf aan jongrnense te verskaf. Die biblioteek, wat later 'n tak van die Kimberley Openbare Biblioteek sou word, het 'n sukkelbestaan gevoer weens ongunstige ekonomiese toestande. Die verhandeling bevestig die hipotese dat stabiliteit 'n voorvereiste is vir die totstandkoming van 'n biblioteek in 'n spesifieke gemeenskap en dat die sukses van so 'n onderneming grotendeels afhang van finansiering van plaaslike- of regeringsowerhede.
Description
Keywords
Dissertation (M.Bibl. (Information Sciences))--University of the Free State, 1990, Library and information sciences, Kimberley, South Africa, History
Citation