'n Vergelykende ondersoek na die betekenis van die klaviersertifikaateksamens van verskillende eksaminerende liggame in die musikale ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse klavierleerling

Loading...
Thumbnail Image
Date
1982-06
Authors
Fourie, Louie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die eerste hoofstuk is gewy aan 'n bespreking van die terminologie, evaluering en meting om sodoende 'n uiteindelike definisie van die begrip musiekeksamen te bepaal. 'n Eksamen word as een van die belangrikste evalueringsprosesse beskou en 'n duidelike afbakening van die begrip skyn noodsaaklik te wees ten einde die plek en waarde daarvan te begryp. Hoofstuk twee is gewy aan 'n bespreking van die oorsprong van die musiekeksamenstelsel in Suid-Afrika. Die historiese prosesse in die ontwikkeling van die musiekeksamens van die Associated Board of the Royal Schools of Music, die Trinity College of Music, London en die Universiteit van Suid-Afrika is indringend ondersoek en volledig bespreek. Die huidige sowel as die ouer leerplanne van die klaviersertifikaateksamens van die Universiteit van Suid-Afrika, asook ooreenstemmende huidige leerplanne van die Britse klaviersertifikaateksamens is bestudeer en met mekaar vergelyk. Hoofstukke drie, vier en vyf is aan die bogenoemde aspekte gewy. In Hoofstuk ses is die rol en bydrae van persone wat by die musfekeksamens betrokke is, ondersoek. Die eksaminator, onderwyser, ouer en opsiener se verwantskap met die kandidaat, en die kandidaat se streservarings ten opsigte van die eksamensituasie is van naderby beskou. Die sewende hoofstuk is gewy aan die huidige situasie in Suid-Afrika. Dit wil sĂȘ die toepassing van klaviersertifikaateksamens en die invloed daarvan op musiekonderrig soos in Suid-Afrika ondervind word, is ondersoek en verskeie gevolgtrekkings en aanbevelings is gemaak. Die laaste hoofstuk bevat 'n samevatting van die ondersoek. Algemene gevolgtrekkings is gemaak, terreine vir verdere navorsing is voorgestel en die praktiese implikasies van die studie is bepaal.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Music))--University of the Free State, 1982, Piano, Examinations, South Africa
Citation