Perceived dynamics of the family structure of sexually abused children - a cross-cultural study

Loading...
Thumbnail Image
Date
1996-11
Authors
Garau, Alina
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Research studies on child sexual abuse are extremely valuable as it is a major problem in our society, especially since in the majority of cases, the perpetrator is known to the victim. Up to 50% of reported cases are due to the natural father's perpetration, while the stepfathers make up 20% of reported cases. Furthermore, there is a lack of cross-cultural research in South Africa. Most research studies have replicated North American and British ideologies and assumptions. There is a need to develop an understanding of child sexual abuse across cultures, so that the problem can be treated in ways which are appropriate to all cultures in the South African community. Overlooked in many research studies, is the relationship between male dominance and sexual abuse. Sexual abuse is an exploitation of power, thus the possibility exists of there being a dysfunctional power distribution in incestuous families. Male dominance within families may well be part of a wider system of male power bestowed upon men by society and from this stems the belief that women are subordinate to men. Thus the potential to misuse this structural power of women becomes greater if there is a misuse of personal power by the father-figure within a family system. The father-figure may employ various power and control tactics over family members. The aim of this study, was to ascertain through the investigation of the mothers' and daughters' perceptions of the family interactional patterns, whether power and control tactics were employed by the perpetrator. The Power and Control Wheel, which was developed by the Domestic Abuse Intervention Project in Duluth, Minnesota, was used as a basis to investigate the types of power and control constructs existent in the incestuous families. The names of black and white victims between the ages of five and 18 years, who were sexually abused by the father-figure were obtained through various organisations in Bloemfontein. Both the victims and their mothers (in total 46 persons) were given seperate questionnaires to complete. 134 Although this research sample is small and a number of confounding variables inhibit its generalisation, the following tendencies were evident. According to the mothers' perceptions of the family interactional patterns, the perpetrator employed the con- structs of "intimidation", "coercion and threats" and "using the mother". The first two constructs imply that the perpetrator used force, threats, as well as verbal and some- times physical violence to gain control. These tendencies were very predominant in the black families. The construct, "using the mother" indicates that the perpetrator either threatened to harm the mother or to send her away if the child did not comply with his sexual advances. The perpetrator also threatened the child by implying that the mother would be angry with her for causing the sexual abuse to take place. The daughters' perceptions confirmed the latter construct. The daughters indicated that the perpetrator used the mother to gain power and control over them. There was no difference between the black and white daughters' perceptions for this construct. Although these results cannot be generalised, the above research study indicates that there are certain patriarchal tendencies which form a part of the family dynamics and which should not be overlooked in the treatment of the family system.
Afrikaans: Navorsing betreffende seksuele molestering van kinders is van uiterste belang aangesien dit 'n groot probleem in ons samelewing geword het, ook omdat in meeste van die gevalle, die molesteerder aan die kind bekend is. Bestaande studies dui daarop dat in 50% van die gevalle, die biologiese vader die molesteerder was, terwyl stiefvaders in 20% van die gevalle hul kinders gemolesteer het. Aangesien bestaande navorsingsgegewens egter gebaseer is op Noord-Amerikaanse en Britse ideologieë en aannames, bestaan daar dus 'n behoefte aan kruis-kulturele navorsing betreffende seksuele molestering van kinders in Suid-Afrika, veral aangesien dit die effektiewe hantering van die probleem by alle kultuurgroepe moontlik kan maak. Bestaande navorsing ten opsigte van kindermolestering spreek ook nie die verband tussen manlike dominansie en seksuele molestering aan nie. Seksuele molestering is 'n uitdrukking van mag wat misbruik word. Gevolglik bestaan die moontlikheid dat daar 'n disfunksionele magsverdeling binne gesinne is waar die kind seksueel gemolesteer word. Manlike dominansie binne die gesin kan verder 'n voortsetting wees van die mag wat tradisioneel deur die samelewing aan die man besorg word en die vrou sodoende onderdanig tot die man stel. Die geleentheid om hierdie strukturele mag te misbruik, sal verhoog word indien persoonlike mag deur die vaderfiguur in die gesin misbruik word. Die vader kan dus van verskeie mag-en-beheer meganismes binne die gesin gebruik maak. Die doel van hierdie studie was om deur middel van die moeder en dogter se persepsies van die gesin se interaksiepatrone vas te stel of mag-en-beheer meganismes deur die molesteerder misbruik word. Die "Power and Control Wheel" wat deur die Domestic Abuse Intervention Project in Duluth, Minnesota, ontwikkel is, is gebruik om vas te stel watter tipes mag-en-beheer strukture daar in gesinne bestaan waar seksuele molestering plaasvind. Die steekproef is deur verskillende organisasies in Bloemfontein verkry. Afsonderlike vraelyste is aan die slagoffers en hul moeders gegee. Die slagoffers het bestaan uit blanke en swart dogters tussen die ouderdom van vyf en 18jaar en seksueel gemolesteer is deur die vaderfiguur. Alhoewel die skeekproef baie klein is en daar verskeie steuringsveranderlikes voorkom wat die veralgemeenbaarheid van hierdie studie kortwiek, het daar tog sekere tendense na vore getree: volgens die moeder se persepsie van die gesin se interaksiepatrone, het die molesteerder veral die konstrukte van "intimidasie", "dwang en dreigemente" en "deur die ma te gebruik" geïmplementeer. Die eerste twee konstrukte impliseer dat die molesteerder dwang, dreigemente sowel as verbale en soms fisiese geweld gebruik het om beheer te verkry. Hierdie tendense het veral in die swart gesinne voorgekom. Die konstruk "deur die ma te gebruik" dui daarop dat die molesteerder óf gedreig het om die ma seer te maak, óf gedreig het om haar weg te stuur indien die kind nie toegegee het aan sy seksuele toenaderings nie. Die molesteerder het ook die kind laat verstaan dat die moeder kwaad vir haar sou wees indien sy sou uitvind van die molestering. Die dogters se persepsies het laasgenoemde konstruk bevestig. Die dogters het aangedui dat die molesteerder die moeder gebruik het om mag en beheer oor hulle te verkry. Ten opsigte van hierdie konstruk, was daar geen verskil tussen die swart en blanke dogters se persepsies nie. Alhoewel die resultate nie veralgemeenbaar is nie, dui die navorsingsgegewens daarop dat daar sekere tendense is wat deel van die gesinsdinamika vorm wat tydens die behandeling van die gesinsisteem aangespreek moet word.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Clinical Psychology))--University of the Free State, 1996, Sexually abused children, Family relationships, Incest victims, Sex offenders, Bloemfontein, Free State
Citation