Industrial Psychology
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Industrial Psychology by Subject "Burnout"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access The influence of technostress and work life balance on Burnout among employees in the Banking sector in the Free State(University of the Free State, 2022) Akwa Nde, Agnes; Delport, MarthinusThe growing concerns from employees regarding health challenges in the workplace especially in the banking sector post-pandemic in light of burnout, technostress and work-life balance challenges demands attention. The current study examines the effects of technostress and work-life balance on burnout among employees in the banking sector. The study, which also explores relationships, draws on data gathered through a cross-sectional technique and analysed using a statistical modelling approach (covariance-based structural equation modelling). Three questionnaires (Burnout Assessment Tool (BAT), Technostress Questionnaire (TSQ), and Work-Family Conflict Scale (WAFCS) were used to collect the data. All constructs had acceptable levels of reliability, as evident from the values obtained from Cronbach’s alpha. A convenient sampling method was used to recruit respondents for the study, and the sample comprised 245 employees from organisations in the banking sector. The study arrives at various findings and suggestions. The covariance-based structural equation modelling let to the finding by establishing that the structural model was a good fit i.e., SRMR is 0.0326 < 0.05, GFI is 0.998 > 0.95 and AGFI is 0.997 > 0.95. Also, the squared multiple correlation of 0.584 indicated that the structural model explained 58.4% of the variation in burnout. Furthermore, technostress had a statistically significant positive relationship with burnout (β = 0.316). This was also the case with the relationship between work-life balance and burnout (β = 0.315; p = 0.001), and the relationship between technostress and work-life balance (β = 0.697; p = 0.001). This thesis suggests several theoretical implications. The study expands our understanding of the combined effect of technostress and work-life balance on burnout. In terms of managerial implications, the study brings to light the influence of technostress and work-life balance as contributing factors to employees’ experience of burnout. Therefore, the interactions between the various constructs (technostress, work-life balance) experienced by employees will influence the extent to which they will experience various levels of burnout in the organisation. As a result, implementing coping strategies to assist employees in the banking sector deal with issues relating to technostress and work-life balance especially post-pandemic is imperative. One of the limitations of the study is that there is not sufficient research on the combined effect of technostress and work-life balance on burnout in South Africa. Thus, a challenge when testing the model as it was difficult to compare hypothesised directions for some of the proposed paths. One of the limitations of the current study was that it focused mostly on the banking sector and used a convenience sampling method. This implies that the findings can only be generalised in the banking industry. Therefore, to have a wider understanding of the interaction between the various variables, future research should consider adopting a multi-sample or use a probability sampling method that is more representative and can permit generalisation.Item Open Access Personality traits and resilience as predictors of job stress and burnout among call centre employees(University of the Free State, 2009) Lamb, Shannon; Bester, C. L.; Kotze, M.Afrikaans: Navorsing het aangetoon dat personeellede van Oproepsentra hoë vlakke van werkstres en uitbranding ervaar as gevolg van die werksvereistes wat met hulle werk gepaard gaan. Werknemers het dikwels geen beheer oor hulle werkomgewings en eksterne faktore wat hulle werkprestasie en werkstevredenheid beïnvloed nie. Hulle kan egter bepaalde interne bronne soos spesifieke persoonlikheidsfaktore ontwikkel en benut wat hulle in staat kan stel om hulle werkstres meer effektief te bestuur. Die doelwitte van die studie was om die vlak van werkstre en uitbranding van werknemers van 'n oproepsentrum te bepaal en om spesifieke persoonlikheidsfaktore te identifiseer wat as geldige voorspellers van werknemers van 'n oproepsentrum se vermoë om werkstres en uitbranding effektief te bestuur, kan dien. Verskeie studies het gefokus op die verband tussen persoonlikheid, werkstres en uitbranding, maar die Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en veerkragtigheid as voorspellers van werkstres en uitbranding het nie voldoende aandag geniet nie. Niewaarskynlikheidsteekproefneming en spesifiek toevallige steekproefneming in 'n oproepsentrum in Bloemfontein, Suid-Afrika is gebruik. Die betrokke oproepsentrum is 'n ongebonde, skuldinvorderingsoproepsentrum met kliënte in Suid-Afrika en aangrensende state. 'n Totaal van 187 werknemers van die oproepsentrum het aan die studie deelgeneem. Die respondente was hoofsaaklik swart, vroulik, alleenlopend, Suid-Sotho sprekend, tussen die ouderdomme 21 tot 25 jaar, beskik oor 'n graad 12-kwalifikasie en het vir minder as 'n jaar diens. Die meetinstrumente wat in die studie gebruik is, is die Internasionale Persoonlikheidsitempoel, die Veerkragtigheidskaal, die Maslach Uitbrandingsvraelys (Menslike diensopname) en die Ervaring van Werk- en Lewensomstandighede-vraelys. 'n Meerveranderlike stapsgewyse regressieontleding is as statistieke tegniek gebruik om die resultate te verwerk. Respondents exhibited a high level of job stress, an average level of emotional exhaustion, a high level of depersonalization and a low level of personal accomplishment. Die respondente het 'n hoë vlak van werkstres, 'n gemiddelde vlak van emosionele uitputting, en hoë vlak van depersonalisasie en en lae vlak van persoonlike prestasie getoon. en Beduidende lineêre verband is gevind tussen spesifieke Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en werkstres, naamlik emosionele stabiliteit en openheid tot ervaring. enBeduidende lineêre verband is ook identifiseer tussen pligsgetrouheid en sekere dimensies van uitbranding, naamlik emosionele uitputting en depersonalisasie. Veerkragtigheid en meer spesifiek aanvaarding van self en die lewe is geïdentifiseer as en geldige voorspeller van depersonalisasie, endimensie van uitbranding. Pligsgetrouheid, inskiklikheid en veerkragtigheid is geïdentifiseer as geldige voorspellers van persoonlike prestasie, en dimensie van uitbranding. Toekomstige navorsing in hierdie verband moet gedoen word met enmeer verteenwoordigende steekproef van oproepsentra in Suid-Afrika sodat die resultate na oproepsentra oor die algemeen veralgemeen kan word. Die persoonlikheidsfaktore wat in hierdie studie as geldige voorspellers van die doeltreffende bestuur van werkstres en uitbranding geïdentifiseer is, kan kan gebruik word vir keurings- en opleidingsdoeleindes in oproepsentra.Item Open Access Psychological factors as predictors of employees' attitudes towards work place safety in a public electricity company in South Africa(University of the Free State, 2010) Steyn, Leon Johan; Kotzé, M.; Bester, C. L.Afrikaans: Die verhouding tussen individuele verskille en die oorsaak van werksplek insidente/ongelukke insluitend voertuigongelukke word reeds vanaf die jaar 1917 nagevors. Internasionaal word hierdie verskynsel steeds as 'n kritiese agenda vir navorsing in die 21ste eeu beskou. Benewens dit, is daar reeds ondersoek na 'n wye reeks latente of waarneembare individuele (bv. intelligensie, persoonlikheid, stres) en organisatoriese (bv. leierskapondersteuning, veiligheidskultuur, werkstevredenheid) veranderlikes as voorspellers vir die oorsake waarom werknemers by riskogedrag betrokke raak gedoen. Houdings teenoor werksplekveiligheid is in ander dele van die wêreld 'n weldeurdagte navorsingsverskynsel. Daarbenewens, kon geen vorige navorsing in Suid-Afrika wat 'n proses van 'n kombinasie van psigologiese faktore wat verband hou met werknemers se houding teenoor werksplekveiligheid gevind word nie. Die studie het die invloed van psigologiese faktore op houdings teenoor werksplekveiligheid verken. Die doel van die studie was tweeledig, eerstens om vas te stelof 'n statistiese betekenisvolle verband tussen die voorspeller- en kriterium veranderlikes bestaan, en tweedens deur middel van gedeeltelike minste vierkantige modellering "Path Least Square Modelling" te bepaal of 'n werknemer se houding teenoor werksplekveiligheid deur psigologiese faktore beinvloed kan word. Intelligensie, persoonlikheid, uitbranding, werksbegeestering, en koherensiesin was as die voorspellerveranderlikes en veiligheid van bewussyn (veiligheidbeheer, risikovermyding, strestoleransie), voertuigbestuurder houding, en oriëntasie teenoor kwaliteit wat houdings teenoor werksplekveiligehid beinvloed, was as die kriterium veranderlikes in die studie gebruik. Uit die literatuur, het die studie 'n logiese volgorde wat die interverwantskap tussen die psigologiese faktore en hul verwanskap met veiligheid van bewussyn, voertuigbestuurder houding, en oriëntasie teenoor kwaliteit voorgestel. Om die geldigheid van die proses te bepaal, het die studie van 'n groep proefpersone wat tussen 2006 en 2008 in 'n werksplek insident/ongeluk of voertuig ongeluk betrokke was gebruik gemaak. 'n Groep van 279 werknemers in diens van 'n 'n publieke elektrisiteitsorganisasie in Suid Afrika, het aan die studie deelgeneem. Beide opname- en statistiese modelleringsmetodiek was gebruik. Gestandardiseerde vraelyste was gebruik om die verskillende psigologiese en veiligheidshoudings veranderlikes te meet. Die berekenings en geldigheidsontleding van die meetinstrumente wat intelligensie en persoonlikheid meet was deur die diensverskaffers bereken. Die studie het van verklarende faktorontleding gebruik gemaak om die toepaslikheid van die faktorstruktuur van die uitbranding, werksbegeestering, koherensiesin, en veiligheidhoudings konstrukte op die steekproef te bepaal. Die voorge telde faktorstruktuur van die meetinstrumente was deur bevestigende faktor ontleding bevestig met aanvaarbare passing statistiek. Hipotese I was deur korrela ie ontleding bevestig wat aangedui het dat daar wel 'n statistiese betekenisvolle verband tu en die verskillende veranderlikes bestaan. Verder het die resultate van die regressieontleding aangedui dat 9 psigologiese faktore 67% van die variansie op veiligheid van bewussyn voorspel het, 5 psigologiese faktore 53% van die variansie op voertuigbestuurder houding voorspel het, en 7 psigologiese faktore 35% van die variansie op oriëntasie teenoor kwaliteit voorspel het. Daar was van die minste vierkantige modellering "Path Least Square Modelling" benadering gebruik gemaak om die betroubaarheid van die psigologiese en veiligheidshoudingsfaktore wat in die meetingsmodel (buite model) ingesluit was te bereken, asook met die evaluering van die teoretiese model (binne model). Aanvaarbare passingsstatistiek was verkry wat die rigting aangedui het vir die evaluering van die teoretiese model. Tydens die evaluering van die verwantskappe tussen die latente konstrukte van die teoretiese model was die volgende statistiese betekenisvolle padkoeffisiënte verkry (I) intelligensie en voertuigbestuurder houding, (2) persoonlikheid en uitbranding, (3) persoonlikheid en koherensiesin, (4) persoonlikheid en veiligheid van bewussyn, (5) koherensiesin en uitbranding, (6) koherensiesin en werk begeestering, (7) koherensiesin en oriëntasie teenoor kwaliteit, (8) voertuigbestuurder houding en veiligheid van bewussyn, en (9) oriëntasie teenoor kwaliteit en veiligheid van bewussyn. Van groot waarde was dat slegs intelligensie, persoonlikheid en koherensiesin die proefpersone e houding teenoor werksplekveiliheid betekenisvol beinvloed het. Per oonlikheid en 'n sterker koheresiesin het die effek op uitbranding gemodereer, terwyl kohere iesin 'n positiewe uitwerking op werksbegeestering getoon het. Die padverwantskap tussen die veiligheidhoudingskonstrukte met uitbranding en werksbegeestering was nie betekenisvol nie. Die studie het voorgestel dat die teoretiese model verder verfyn moet word asook die toetsing van die modelop 'n groter steekproef.