Doctoral Degrees (Public Administration and Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Public Administration and Management) by Author "Ralebese, Halieo Laurentina"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Poverty reduction policies in Lesotho: the case of self-help projects(University of the Free State, Nov-11) Ralebese, Halieo Laurentina; Sindane, A. M.; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Lesotho is sedert sy onafhanklikheidswording in 1966 in ‘n stryd teen armoede gewikkel. Inisiatiewe om armoede te verlig sluit ‘n verskeidenheid strategieë in, onder andere selfhelpprojekte. Die doel van die selfhelpprojekte is veral om armoede in plattelandse gebiede te verminder, waar die meerderheid van die armes woon. Ten spyte van die wye toepassing van hierdie projekte, is daar bewyse dat armoede in Lesotho in beide absolute en relatiewe terme toeneem. Hierdie studie fokus op die prestasie van die selfhelpprojekte en voer aan dat die selfhelpprojekte nie armoede verlig nie, aangesien dit, wat betref die ontwerp en implementering, nie doeltreffend is nie. Die studie het spesifiek probeer om die volgende te bepaal: - of die selfhelpprojekte in Lesotho tot die verligting van armoede in staat is, en - of die politieke dominansie van selfhelpvraagstukke die verligting van armoede verhinder. Die studie gebruik twee benaderings om die navorsingsvrae aan te spreek, naamlik ‘n literêre ondersoek en ‘n empiriese ondersoek. Die literêre ondersoek het ‘n teoretiese analise van armoede-verligtingsbeleide, -programme en -strategieë in Lesotho behels. Hiervoor is regeringsdokumente asook verslae deur skenkingsagentskappe gebruik. ‘n Analise van die beleidsmakingsproses in Lesotho is verder onderneem om te bepaal wat die omvang is van die beleidproses se uitwerking op die armoede verligtingsbeleide, insluitend selfhelp-projekte. Op empiriese vlak is ‘n opname gedoen oor die deelnemers in die selfhelprojekte, asook oor die betrokke regeringsamptenare in die administrasie van selfhelpaktiwiteite. Data is deur middel van persoonlike onderhoude ingesamel. Bewyse uit die twee benaderings suggereer dat politieke ontwikkelinge met 'n fokus op armoede verligting, grootliks verpolitiseerd is. Sulke aktiwiteite word deur direkte en intense betrokkenheid van selfsugtige politieke figure gekenmerk. Affiliasie met die regerende party is meer as dikwels 'n vereiste vir mense om aan ontwikkelingsbedrywighede deel te neem. Deur hierdie praktyk word baie mense wat in nood verkeer, uitgesluit. Daar is ook vasgestel dat die selfhelpprojek-ontwerp defektief is, aangesien dit baie min voordele bied wat nie die lewens van die bevoordeeldes op ‘n volhoubare basis ondersteun nie. Die implementering van die projekte word verder gepolitiseer, deur dit in instrumente te verander om politieke belange te verbeter. Weens hierdie redes het die projekte daarin misluk om armoede in die plattelandse gebiede te verminder. Die verhandeling verduidelik derhalwe die aard en inhoud van die selfhelpprojekte in Lesotho, bepaal die reders vir mislukking van die selfhelpprojekte as instrumente vir armoedeverligting, en doen voorstelle daaroor aan die hand.