Centre for Development Support
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Centre for Development Support by Author "Botes, L. J. S."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access The effectiveness of integrated development plans in the Free State(University of the Free State, 2007/05/31) Human, Frieda Mariè; Marais, J. G. L; Botes, L. J. S.Afrikaans: Die geïntegreerde ontwikkelingsplanne wat deur plaaslike munisipaliteite opgestel word, is ‘n meganisme wat gebruik behoort te word om die volhoubare ontwikkeling van sowel landelike as stedelike gebiede te verseker, deur agterstande in dienslewering, die hoë vlakke van armoede en werkloosheid aan te spreek. Die geïntegreerde ontwikkelingsplanne deur die munisipaliteite ontwikkel (hierdie studie fokus op drie plaaslike munisipaliteite in the Vrystaat) voldoen egter nie aan hierdie doelwit nie as gevolg van ‘n aantal uitdagings, waarvan drie gedurende hierdie studie ondersoek is. Eerstens, word ontwikkelingsindikatore gedurende ontwikkelingsbeplanning gebruik om te verseker dat ontwikkelingsinitiatiewe gemeet kan word en ook om te verseker dat besluitnemers op plaaslike regeringsvlak verantwoording kan doen (Artikel Een). Ontwikkelingsindikatore stel munisipaliteite in staat om besluite te neem oor die strategiese gebruik van skaars hulpbronne en vorm daarom ‘n belangrike deel van ‘n Geïntegreerde Ontwikkelingsplan. Die studie ondersoek die gebruik van ontwikkelingsindikatore in die geïntegreerde ontwikkelingsplanne van die drie munisipaliteite ten einde die kritiese gebrek aan genoegsame indikatore te beklemtoon. Die gevolg hiervan vir ontwikkelingsbeplanning en plaaslike regering word ook bespreek. Tweedens word gemeenskapsdeelname in geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning bespreek, gebaseer op die teorie van gemeenskapsdeelname op ‘n internasionale en nasionale vlak (Artikel Twee). Die fokus van die bespreking is op die verskillende vlakke van gemeenskapsdeelname asook die benaderings tot en metodes van deelname. Daar word ook gekyk na die faktore wat deelname beïnvloed en die vereistes vir effektiewe deelname. Die proses van gemeenskapsdeelname in die geïntegreede ontwikkelingsbeplanningsproses in die drie munisipaliteite word dan op grond van bogenoemde faktore geëvalueer met die fokus op die geneigdheid om die gemeenskap te betrek, slegs om aan die vereistes van wetgewing te voldoen eerder as om die gemeenskap te bemagtig. Derdens word plaaslike ekonomiese ontwikkeling binne die drie munisipaliteite ondersoek (Artikel Drie). Die studie fokus hier op die strategiese benaderings wat gevolg word tot plaaslike ekonomiese ontwikkeling, gebaseer op internasionale en nasionale riglyne. Die gevolgtrekking word gemaak dat plaaslike ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe meestal uit klein kapitale projekte bestaan en nie gesien word as deel van enige munisipale projek nie. Die huidige inisiatiewe spreek ook nie die strukturele probleme wat met klein dorpies vereenselwig word aan nie. Plaaslike ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe word nie bepaal deur ‘n strategiese benadering nie wat veroorsaak dat hul meestal onvolhoubaar is en permanent afhanklik van munisipale befondsing. Ten slotte word daar gekyk na die hoofbevindinge uit die drie artikels en aanbevelings word gemaak om die gebruik van ontwikkelingsindikatore, gemeenskapsdeelname en plaaslike ekonomiese ontwikkeling op die plaaslike regeringsvlak te verbeter.