Show simple item record

dc.contributor.advisorPotgieter, J. H.
dc.contributor.authorLudemann, Winfried August
dc.date.accessioned2019-06-28T08:16:12Z
dc.date.available2019-06-28T08:16:12Z
dc.date.issued1981-01
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/9926
dc.description.abstractAfrikaans: In hierdie verhandeling is 'n stylanalise van Hugo Distler se motette onderneem. Omdat Distler en sy musiek in Suid-Afrika nog taamlik onbekend is, word die eintlike analitiese studie voorafgegaan deur 'n kort biografie en 'n volledige werklys. 'n Bespreking van die belangrikste literatuur oor Distler se musiek word eweneens ingesluit. Om die nodige perspektief aan die stylanalise te gee word 'n beknopte oorsig oor die ontwikkeling van die motet sedert Josquin Desprez verstrek, met die klem op die Lutherse tradisie en met spesifieke verwysing na strukturele aspekte. Lg. word toegelig deur verteenwoordigende werke van o.a. Josquin, Lasso, Schutz, Bach, Brahms en Reger wat uitgesonder en in besonderhede bespreek word. Distler se motetstyl word onder die volgende gesigspunte ontleed: melodiek, ritmiek, harmoniek, skryftegniek en vorm. In elke geval word gepoog om die basiese stylprinsiepe binne die verstommende veelsoortigheid van die musiek te identifiseer en sistematies te orden. Daarna word die verskillende verskyningsvorms van hierdie stylprinsiepe en hulle kombinasiemoontlikhede uitgewys sodat op die ou end alle stylkenmerke verklaar kan word. Elke stadium van die bespreking word deeglik deur voorbeelde uit die werke geïllustreer. Daar word deurlopend verwys na die verskillende stylaspkte met betrekking tot die ontwikkeling van Distler se motetstyl. Op grond hiervan kon aangetoon word dat, in teenstelling met ander skrywers se menings, die stylverandering wat in die laaste twee motette 'n voldonge feit was, reeds in vroeëre werke voorberei is, en dat dit dus nie bloot aan Distler se ander lewens- en beroepsomstandighede toegeskryf kan word nie. Daar word ook gepoog om die oorsprong van styleienskappe wat uniek vir Distler se motetstyl is, te verklaar. Hiervolgens word beweer dat die wortels van die unieke styleienskappe in die liturgiese resitasie, en by name die psalmodie, geleë is. Die bespreking van die vormaspekte verteenwoordig die hoogtepunt van die stylanalise omdat aangetoon word hoe die verskillende vormkategorieë verbind word om die musikale vorm tot stand te bring. Op grond van gevolgtrekkings waartoe in hierdie verband geraak word, word standpunt ingeneem teen sommige bewerings van skrywers wat aan die begin genoem is. Deurdat die werke as motette in eie reg sowel as teen die agtergrond van 'n historiese ontwikkeling beskou word, kan aangetoon word dat Distler wel 'n sterk verwantskap met historiese voorbeelde toon, maar dat hy ook talle nuwe bydraes tot die motetkuns lewer. Dienooreenkomstig moet hy as motetkomponis gesien word wat by die ontwikkeling wat hom direk voorafgegaan het, aansluit, maar dan ook help om die volgende ontwikkelingsstadium van die werktipe te bereik. Daarvolgens dan dan die opvattings van bepaalde skrywers wat bv. te veel klem lê op die historisme of die liturgiese gebondenheid van die motette, as te eensydig uitgewys word. Aan die begin van die studie is die vereiste gestel dat 'n groep werke nie geïsoleerd in 'n stylanalise behandel mag word nie, en dat die ontleding altyd teen die agtergrond van die verskillende stylrigtings moet plaasvind. Aan hierdie vereiste word dus deeglik voldoen.en_ZA
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Mus.)--University of the Free state, 1981en_ZA
dc.subjectDistler, Hugo, 1908-1942en_ZA
dc.subjectComposers -- Germanyen_ZA
dc.subjectMotets -- History and criticismen_ZA
dc.title'n Stylanalise van Hugo Distler se motetteen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record