Show simple item record

dc.contributor.advisorPotgieter, J. H.
dc.contributor.authorBarnard, Riana
dc.date.accessioned2019-06-14T13:14:04Z
dc.date.available2019-06-14T13:14:04Z
dc.date.issued1991-11
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/9812
dc.description.abstractAfrikaans: Die doel van die ondersoek was om Schoenberg se benadering tot komposisie te deurgrond in terme van sy eie verklarings wat vervat is in die boek Style and Idea. So 'n ondersoek is onderneem vanweë die gesteldheid dat Schoenberg bekend staan as 'n besonder invloedryke komponis van die vroeë twintigste eeu alhoewel sy werke slegs selde in konsertsale gehoor word. 'n Studie van sy uitsprake (maar nie van sy musiek as sodanig nie) het gelei tot 'n besinning oor die aard en wese van sy benadering tot die komponeerkuns. Dit het geblyk dat hy homself as 'n skeppende kunstenaar van geniale grootheid beskou, en dat hy ook as sy eie historikus wou optree omdat hy nie op ander persone kon vertrou om sy bydrae tot die musiekgeskiedenis objektief weer te gee nie. Die gebrek aan openbare erkenning vir sy werk skryf hy toe aan meedoënlose negatiewe kritiek van oningeligte resensente. Hy handhaaf 'n evolusionêre denkbeeld in sy artikels en beskryf meermale sy gedrongenheid om dienooreenkomstig te komponeer selfs al sou hy dit eintlik anders wou doen. As komponis kan hy egter op geen wyse aan die eise van die evolusie ontkom nie. Hy het vasgestel dat die twintigste-eeuse oor nie meer tonaliteit en die oplossing van dissonansie vereis nie omdat hierdie begrippe deur onder andere Wagner en Debussy tot irrelevant bewys is. Gevolglik het hy eers vry tonaliteitslose musiek geskryf waarin dissonansie oorheers maar nie verklaar kan word nie. Om enige sodanige indruk van planloosheid te onderskep, het hy die dodekafoniese stelselontwerp wat terselfdertyd 'n ordeningstelsel as 'n verklaring vir dissonansie bied. In die dodekafoniese stelsel is die kwaliteit van sameklanke as sodanig nie van belang nie en word daar nie 'n onderskeid getref tussen konsonansie en dissonansie nie. Hy was bewus van die probleme wat sulke musiek vir gehore skep, maar moes nogtans sy evolusionêre geroepenheid ten volle gestand doen. Dit blyk uit die artikels dat hy 'n pedagoog van ongewone formaat was. Onder sy studente was daar 'n groot aantal van die bekendste en mees gerekende komponiste van die eeu. Etlike aspekte wat hy in sy artikels beklemtoon, wek die indruk dat hy wesenlik 'n musiekwetenskaplike mentaliteit gehad het. Hieronder tel sy genoemde oorgawe aan sy idee van musikale evolusie en sy pedagogiese voorrang, asook sy vermoë om 'n nuwe komponeersteisel eiehandig uit te werk en deur te voer, en sy voorkeur aan aspekte van die rede ten koste van sensualiteit. Uit hoofde van sy erkende geweldige invloed sou daar afgelei kan word dat die oorbekende gaping tussen twintigste-eeuse gehore en komponiste grotendeels aan die invloed van sy wetenskaplike instelling toegeskryf kan word, en dat 'n verandering in hierdie omstandigheid te weeg gebring sou kon word deur in die toekoms ander ideale na te streef.en_ZA
dc.description.sponsorshipSentrum vir Wetenskapsontwikkelingen_ZA
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (Music)) - University of the Free State, 1991en_ZA
dc.subjectSchoenberg, Arnolden_ZA
dc.subjectMusical criticismen_ZA
dc.subjectStyle and Ideaen_ZA
dc.titleSchoenberg se benadering tot komposisie na aanleiding van geselekteerde artikels uit "Style and Idea"en_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record