Show simple item record

dc.contributor.advisorVan den Berg, Jan-Albert
dc.contributor.authorFoot, Leon Michael
dc.date.accessioned2015-08-14T08:54:22Z
dc.date.available2015-08-14T08:54:22Z
dc.date.issued2013-01
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/867
dc.description.abstractEnglish: How do white Afrikaans Christians live in post-apartheid South Africa? This is the question that is investigated in this longitudinal research. The co-researchers are white members of the Dutch Reformed Church (Welkom South congregation). Over a period of fourteen years (1998-2012) they were twice given the opportunity to tell their self-narratives. The study uses the Trust and Reconciliation Commission’s (TRC) revelations as a backdrop for their stories. The themes include white people’s idea of apartheid, guilt and confession of guilt, reconciliation and the role of the church in all of these. The report is presented according to the ABDCE narrative research model. Chapter one is a story of action. This tells of the 1994 political transition and the following TRC. The report is placed within practical theology and specifically in a postmodern paradigm. Social construction discourse is discussed as well as the methodology used. The method used in the initial and follow-up research is explained as well as the origin of the transcriptions that is included as attachments. The second chapter is a story of the background and focuses on the background and origins of apartheid as seen through the eyes of the co-researchers. Then the fourteen years before the follow-up research is examined. The opinions of the coresearchers are given under the headings of uncertain, disillusioned, excited and dishonest. The role of the church are portrayed in two sections: first the period before 1998 and the time since 1998. Lastly two models are suggested as lenses through which transformation can be viewed. In chapter three (a story of development) the co-researchers are given a bigger voice. With the use of longer and shorted extracts from the transcription the position of each is described. The pertinent question is how they viewed apartheid through their white eyes. The co-researchers then react to the TRC disclosures. Five typical reactions are described. In the final part of the chapter the role of the church up to that stage is discussed. Chapter four is a story of a climax. Here we hear the co-researchers in 2012. The same themes as in the previous chapter are discussed. The participants give their opinion regarding the two worlds we still live in as well as the racism that is still part of their daily lives. Guilt, reconciliation and affirmative action is discussed. The same themes are the discussed from a church point of view. The last chapter is a story of an ending. First the impact of the TRC is discussed. The focus then falls on the heart and legacy of apartheid. Then the path of guilt and reconciliation and the role the church need to play, is examined. The liberating forgiveness is highlighted in contrast to the paralysing guilt that many seems to have. The chapter ends with a look at the road ahead for white Afrikaans Christians. The hope and the challenges are presented. This research looked at how white Afrikaans Christians live in post-apartheid South Africa. The TRC is used as an alternative story to the one usually told by white people. The co-researched unfortunately show little insight into the effects apartheid had on black people and therefore issues of guilt, confession and affirmative action remains controversial.en_ZA
dc.description.abstractAfrikaans: Hoe leef wit Afrikaanse Christene in die post-apartheid Suid-Afrika? Dit is die vraag wat in hierdie longitudinale navorsing ondersoek word. Die mede-navorsers is ʼn groep wit lidmate van die NG Kerk Welkom-Suid wat oor ʼn tydperk van veertien jaar (1998-2012) twee keer die geleentheid kry om hulle self-narratiewe te vertel. Die studie gebruik die onthullings voor die WVK as agtergrond waarteen die mede-navorsers hulle eie verhale kan vertel. Die temas wat prominent na vore kom is wit mense se siening van apartheid, skuld en skuldbelydenis, versoening en die rol van die Kerk. As gevolg van die narratiewe aard van die verslag word dit volgens die ABDCE-model aangebied. Hoofstuk een is die verhaal van aksie. Dit vertel van die 1994 politieke oorgang en die daaropvolgende WVK. Die verslag word hier geplaas binne die praktiese teologie en wel binne ʼn postmoderne paradigma. Die sosiale konstruksie diskoers word bespreek asook die metodologie wat gevolg word. Die metode wat gevolg is in die aanvanklike- en opvolgnavorsing, word verduidelik asook die oorsprong van die transkripsies wat as bylae aangeheg word. Die tweede hoofstuk is ʼn verhaal ter agtergrond en fokus op die agtergrond en oorsprong van apartheid soos gesien deur die mede-navorsers. Hierna word gekyk na die veertien jaar voor die opvolgnavorsing. Aan die hand van die woorde onseker, ontnugter, opgewonde en oneerlik word die mede-navorsers se sienings weergegee. Die posisie van die Kerk word ook in twee afdelings weergegee: eers die tydperk voor 1998 en dan wat sedertdien gebeur het. Laastens word twee modelle beskryf as lense waardeur die transformasieproses beskou kan word. In hoofstuk drie (ʼn verhaal van ontwikkeling) kom die mede-navorsers baie meer direk aan die woord. Aan die hand van korter en langer uittreksels uit die transkripsies word elkeen se posisie beskryf. Die vraag word pertinent gevra na die kernprobleem van apartheid soos gesien deur wit oë. Die deelnemers reageer dan ook op die onthullings voor die WVK. Vyf tipiese reaksies word beskryf. Laastens word daar weer na die rol van die Kerk gekyk tot op daardie tydstip. Hoofstuk vier vertel ʼn verhaal van ʼn klimaks. Hier word geluister na die medenavorsers in 2012. Dieselfde temas as in die vorige hoofstuk word hier aangeraak. Die deelnemers deel hulle menings oor die twee wêrelde waarin ons steeds leef in Suid-Afrika en die rassisme wat steeds deel van die daaglikse lewe is. Die kwessie van skuld oor apartheid, versoening en regstellende aksie word bespreek. Dieselfde sake word ook vanuit die oogpunt van die Kerk bekyk. Die laaste hoofstuk vertel ʼn verhaal van ʼn einde. Eers word die impak van die WVK ondersoek. Die hart en die nalatenskap van apartheid word bespreek. Hierna word gefokus op die pad van skuld en versoening en die rol wat die Kerk daarin behoort te speel. Die bevrydende van vergifnis word uitgelig teenoor ʼn verlammende skuldgevoel. Laastens word gekyk na die pad vorentoe vir wit Afrikaanse Christene in Suid-Afrika. Die uitdagings en die hoop word voorgehou. In hierdie navorsing is gekyk hoe wit Afrikaanse Christene leef in post-apartheid Suid-Afrika. Die WVK is gebruik as alternatiewe verhaal van dit wat dikwels vanuit wit geledere voorgehou word. Die mede-navorsers toon min insig in wat apartheid aan swart mense gedoen het, en daarom is kwessies soos skuldbelydenis en regstellende aksie so kontroversieel.
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectThesis (Ph.D. (Practical Theology))--University of the Free State, 2013en_ZA
dc.subjectApartheid -- South Africaen_ZA
dc.subjectNarrative therapyen_ZA
dc.subjectApartheid -- Religious aspects -- Christianityen_ZA
dc.subjectReconciliation -- Religious aspects -- Christianityen_ZA
dc.subjectForgiveness -- Religious aspectsen_ZA
dc.subjectTRCen_ZA
dc.subjectRacismen_ZA
dc.subjectGuilten_ZA
dc.subjectDutch Reformed Churchen_ZA
dc.titleLewe na apartheid: lidmate se narratiewe vanuit 'n longitudinale pastorale betrokkenheiden_ZA
dc.typeThesisen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record