Show simple item record

dc.contributor.advisorRoodt, L.
dc.contributor.authorVan Schalkwyk, Ockert Johannes
dc.date.accessioned2018-03-05T06:25:13Z
dc.date.available2018-03-05T06:25:13Z
dc.date.issued1982
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/7891
dc.description.abstractAfrikaans: 'n Aansienlike hoeveelheid navorsing oor kerkargitektuur in Suid-Afrika is reeds gedoen en 'n omvattende opname van kerkgeboue is deur die Departement van Argitektuur aan die Universiteit van Port Elizabeth uitgevoer. Uit hierdie navorsing blyk dit dat van die kerkboustyle wat sedert die Tweede Wêreldoorlog opgerig is - die herlewingstyl, modernistiese styl, kontemporêre styl en die kappiestyl - die kappiestylkerk van die mees ontploóides is. Daar bestaan egter geen geskrifte wat die kappiestyl as selfstandige styl isoleer en evalueer nie, alhoewel daar wel 'n aantal verwysings na kappiestylkerke bestaan. Hier word verwys na hierdie kerkboustyl se ooreenkoms met In Voortrekkerkappie en na die feit dat dit derhalwe in die volksmond opgeneem is as kappiekerk. So gebruik J. M. J. Koorts die term kappiestyl vrylik in sy verhandeling oor Protestantse kerkbou. Hierdie styl het dan ook vanaf die opgigting in 1954 van die eerste van sy soort in Suid-Afrika te Parys, OVS, algemeen byval gevind by die publiek en feitlik onmiddellik aanvaarding geniet. Die Afrikanerkerklui het In historiese konnotasie aan die skuins spitsdak - wat die styl se kenmerkendste eienskap is - geheg en deur assosiasie met die Voortrekkerkappie dit subjektief verhef tot eie besit. Die jonger geslag argitekte in Suid-Afrika, daarenteen, het In voorliefde vir die waaiervormplan, wat op aansig In skuinsdak het, gehad wat gemotiveer is deur die credo van die beroemde Amerikaanse argitek LGuis Sullivan dat vorm funksie moet volg en aangesien die waaiervorm toentertyd aanvaar is as die ideale askoestiese vorm, kon hierdie moderne beplanningsbenadering goed toepassing vind in die ontwerp van kerke. Waar die argitek dus moeilikheid ondervind het om die nuwe kontemporêre styl deur die publiek aanvaar te kry, wat ander geboutipes betref, het hulle onmiddellike aansluiting by kerklui gevind ten opsigte van die ontwerp van kerke. Dr. Doreen Greig skryf dan ook in haar boek A guide to architecture in South Africa: "One notable contribution to our modern architecture is to be found in the new Dutch Reformed Churches built since the Second World War. Their light sweeping timbers may have been initiated elsewhere, in countries such as North America and the Netherlands where the non-conformist churches have also moved from traditional to functional forms, but South African architects have created some original and expressive churches of their own thus giving great interest and variety to this category of building." Die hoofdryfkragte agter die oorspronge van die kappiekerk was eerstens die moderne of kontemporêre beweging in argitektuur wat sy oorsprong oorsee gehad het, met die besliste bydrae van Frank Lloyd Wright met die ontwerp in 1946 van sy Unitarian Meeting House te Madison, Wisconsin, VSA. Oorspronklike bydraes in Suid-Afrika was dié van argitek Johan de Ridder en argitek Wynand Smi t terwyl die na-oorlogse Pretoria-skool van argitektuur 'n algemene bydrae gelewer het en die kappiestyl wyd deur Suid-Afrika gedurende die na-oorlogse periode laat ontplooi het en ook in groot getalle (meer as een derde van die kerke in Bloemfontein wat tussen 1945 en 1975 gebou is, is kappiestylkerke). By merietebepaling kan aanvaar word dat die kappiekerk goed funksioneer - ook wat betref die liturgiese werking - en dat die styl wat fisieke eienskappe insluitend die akoestiese eienskappe betref, nie noemenswaardig verskil van die meeste ander kontemporêre kerke nie. Ook vanuit 'n suiwer argitektoniese oogpunt beskou, kan gesê word dat die kappiekerkboustyl esteties aanvaarbaar is maar dat dit faal indien dit beskou word in 'n omgewingskonteks, aangesien die hoë spitsdak wat aan 'n nat klimaat herinner, die ongepastheid daarvan vir die Suid-Afrikaanse klimaat beklemtoon. Tog moet gesê word, wanneer die ontplooiing van die kappiekerk beskou word, dat drie besonderse verskynsels na vore tree. Dit is eerstens merkwaardig dat hierdie boustyl nêrens anders in die wêreld enige noemenswaardigi impak gehad het nie. Tweedens is die groot, verspreide.omvang van die boustyl in Suid-Afrika oor ·so 'n kort tydperk, van ontstaan tot neergang, verbasend, en derdens is die boustyl 'n opvallende, maklik-herkenbare kerkvormgewing. Indien die vraag dus gestel sou word of die kappiekerkboustyl enige bydrae gelewer het tot Suid-Afrika se kultuurhistoriese besitting, dan sou die antwoord in die lig van bostaande drie feite, 'n besliste ja moet wees.en_ZA
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectChurch architecture -- South Africaen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Arch. (Architecture))--University of the Free State, 1982en_ZA
dc.titleOorspronge, ontwikkeling en neergang van die kappiekerboustyl in Suid-Afrikaen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record