Show simple item record

dc.contributor.advisorTheron, P. F.
dc.contributor.authorLudik, Izak Johannes Guillaume
dc.date.accessioned2018-02-28T09:32:00Z
dc.date.available2018-02-28T09:32:00Z
dc.date.issued1982-12
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/7885
dc.description.abstractAfrikaans: In die Suid-Afrikaanse atletiekopset speel die atletiekafrigter 'n besondere rol as opvoeder en rigtinggewer in die volwassewording van ons jeug. Ongelukkig is daar 'n neiging binne die atletiekafrigtingsisteem dat die afrigter op skool, aan universiteite en klubs alleenlik beskouword as 'n persoon wat slaafs sy gespesial iseerde tegniese kennis van sy item moet oordra aan die atleet-in-opvoeding. Die suksesvol le afrigter word slegs beoordeel volgens die resultate wat sy atlete benaal tydens kampioenskapsbyeenkomste. Die totale mensvorming en persoonl ikheidsontwikkel ing van die jong atleet is van sekondêre belang in sodanige afrigtingsisteem. Die doel is slegs gerig op die voorbereiding vir topprestasie. Die atletiekafrigter is die volwasse vennoot in die afrigter-atleetverhouding en is verantwoordelik vir die koers wat in die afrigtingsituasie ingeslaan word. Elke afrigter moet altyd bewus wees van die groot verantwoordelikheid wat volg op die aanvaarding van hierdie opdrag. Hy is in 'n posisie waar hy die jong atleet kan opvoed tot volwaardige volwassedom deur atletiekafrigting te benut as potensiêle opvoedingskrag óf onherstelbare skade te berokken deur die eensydige oorbeklemtoning van die prestasie-ten-alle-koste doelwit. Die atletiekafrigter wat hom ten doel stel die ideaal van "atletiek-opvoeding" in plaas van "atletiek-afrigting" is 'n ware jeugleier wat besef dat atletiek as vormingsmiddel in die kinderopvoeding 'n belangrike rol speel om die jong atleet se potensiaal optimaal te ontwikkel. Die atletiekafrigter as jeugleier se besondere taak is geleê in die opvoed van die atlete tot sinvolle volwassenheid, die ontwikkel ing van gebalanseerde persoonl ikhede met positiewe eienskappe wat deur 'n korrekte oefenpatroon ontwikkel word, soos ware sportmanskap, eerlikheid, regverdigheid, selfdissipline, leierskap en 'n Iiefde vir sy naaste en sy God. Die waarde van atletiek as Iiggaamsaktiwiteit moet nie onderskat word nie. Deelname en algemene kondisionering, wat inherente komponente is van 'n goedbeplande atletiekprogram stimuleer die Iiggaamsfunksie van die sogenaamde groot spiergroepe en Iiggaamsorganismes tot meer effektiewe werking en gevolglik meer doeltreffende arbeidsvermoë. Die atletiekafrigter moet hom beywer om soveel moontlik skoliere of studente te betrek by aktiewe deelname aan atletiek as sport. Massadeelname vorm die basis van 'n suksesvol le afrigtingsprogram. Die atletiekafrigter moet die atletieksituasie benut as 'n ontspanningsmiddeI , as n middel tot vryetydsbesteding, ontwikkeling van etiese gedrag, bevordering van sosiale status, kultuurontwikkeling, as 'n middel tot sportopvoeding, ontwikkeling van Iiggaamlike- en geestelike weerbaarheid, verbetering van aanpasbaarheid, en verbetering van akademiese prestasie. Die atletiekafrigter se groot toets as opvoeder van die jeug is juis in die ontwikkeling van die menslike kragte wat die individu opvoed tot hoër lewensvervulIing. Atletiekafrigting en die begeleiding van die jeug verg 'n uitgebreide kennis van die algemene didaktiek, met ander woorde die vereistes vir die goeie verloop van die hele afrigtingproses asook die basiese beginsels wat toegepas moet word vir suksesvolle afrigting om sodoende die kind-in-opvoeding sinvol te begelei tot volwassewording. Die bemoeienis van die afrigter-as-volwassene in die hele proses van opvoeding van die jeug maak van atletiekafrigting n pedagogiese aangeleentheid wat in 'n meerdere mate as die formele onderwyssituasie die kind ontmoet en sodoende bepaalde waardes inskerp. Deur die intieme afrigter-atleet verhouding ontstaan 'n openheid by die atleet wat tot gevolg het n ontvanklike gesindheid van bereidwilIigheid tot ontwikkeling van leefinhoude. Die atletiekafrigter as jeugleier mag nie neutraal staan nie, maar sy afrigtingstaak moet gelei en bepaal word deur 'n oortuigde Christelike lewens- en wêreldbeskouing. Die deurstraling van sy persoonlike verhouding tot God in die omgang met atlete is dikwels van groter opvoedkundige betekenis as die oordra van kennis. Verder word die korrekte opvoedkundige afrigtingsbenadering grootliks bepaal deur die atletiekafrigter se begeertes, sy behoeftes, sy filosofie, sy persoonlike voorbeeld, eienskappe en positiewe leierskap ten opsigte van die atlete waarmee hy werk. Al hierdie vereistes is die professionele toerusting van die atletiekafrigter en vorm die grondslag van suksesvolle atletiekopvoeding. Die atletiekafrigter as jeugleier moet in die toepassing van didaktiese beginsels in 'n praktiese afrigtingsisteem altyd sy doelwitte korrek formuleer. Die liggaam van die atleet word ontwikkel en gekondisioneer ter verbetering van prestasie tydens byeenkomste, maar ook as 'n middelof aanknopingspunt vir die opvoeding van die totale mens. Die waarde van atletiekoefening en deelname ten opsigte van jeugleiding lê daarin dat, benewens die feit dat die liggaamlike ontwikkeling bevorder, soos fiksheid en spierkoërdinasie, dit ook 'n groot bydrae lewer in terme van persoonlikheids- en karakterontwikkeling. Die afrigter, die atleet en die program vorm die fondamentstene vir die diaktiese afrigtingsdriehoek. 'n Hegte onderlinge verhouding van die drie komponente van die didaktiese situasie is van groot belang vir 'n suksesvolle atletiekonderrigsisteem. Gedurende die ontmoeting tussen die komponente van die didaktiese situasie vind ware atletiekonderrig plaas. Die atletiekafrigter as leier van die didaktiese atletiekonderrigsisteem moet rekenskap kan gee van sy beheer oor die verloop van die hele atletieksituasie. Die oefenprogram moet op 'n verantwoordelike wyse beplan word vir die hoeveelheid werk wat hy moet afhandel in vergelyking met die hoeveelheid tyd tot sy beskikking. Die atletiekafrigter moet konsentreer op die verskillende faktore wat vir hom moontlikhede en weë open om sy hulp te organiseer en bewustelik te kanaliseer op so 'n wyse dat die atlete die basiese vaardighede en tegnieke van die atletieksituasie aanleer asook die persoonlike omstandighede, behoeftes en talente van elke individuele atleet in berekening bring. Om die huidige tendense insake die didaktiese en pedagogiese implikasie van afrigting te bepaal is empiriese vraelyste aan dertig topafrigters in Suid-Afrika gestuur. Hulle menings aangaande die atletiekafrigter as jeugleier is in die verhandeling vervat. In die ondersoek het die klem geval op die korrekte atletiekonderrigsisteem en gesaghebbende atletiekleiding van die atletiekafrigter as jeugleier, veral ten opsigte van die pedagogies-didaktiese aspekte daarvan. Deurgaans is die noue geestelike verwantskap tussen die afrigter en atleet beklemtoon asook die groot invloed wat die atletiekafrigter in die ontwikkeling van die jeug in Suid-Afjika het. Na aanleiding van bogenoemde word die posisie van die atletiekafrigter as jeugleier in perspektief geplaas.en_ZA
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectLeadershipen_ZA
dc.subjectCoaches (Athletics) -- Educationen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Ed. (Didactic Pedagogics))--University of the Free State, 1982en_ZA
dc.title'n Didakties-pedagogiese ondersoek na die rol van die atletiekafrigter as jeugleieren_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record