Show simple item record

dc.contributor.advisorVan Zyl, J. S.
dc.contributor.authorKriek, Henry Rudolph
dc.date.accessioned2017-04-19T08:55:37Z
dc.date.available2017-04-19T08:55:37Z
dc.date.issued1979-12
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6106
dc.description.abstractAfrikaans: 'n Stad kan as die ruimtelike konsentrasie van werkende inwoners as gevolg van sekere ekonomiese aktiwiteite wat plaasvind, omskryf word. In die substreek van Benoni, Boksburg, Brakpan en Springs was goud die stimulerende aktiwiteit wat kapitaalbeleggings en arbeid gelok het, en waardeur verskeie belangrike markte totstand gekom het. As gevolg daarvan dat die goudmynbedryf baie winsgewend was, het verdere uitbreiiings voortdurend plaasgevind en was terugwaartse en voorwaartse skakeleffekte voordelig vir die ekonomie, veral in dié sin dat nywerhede totstand gekom het om in die behoeftes van die goudmyne te kon voorsien. Groter indiensneming het gevolg en die verdienstes van die werknemers het 'nl groter vraag na verbruikersgoedere geskep waardeur die betrokke markte en nywerhede gestimuleer was. Hierdie kumulatiewe proses het hand aan hand gegaan met die voordele verbonde aan skaalekonomieë. Bewus van die feit dat die goudmynbedryf 'n verdwynende bate is, het die Suid-Afrikaanse regering sedert 1925 met 'n doelbewuste beskermingsbeleid vir plaaslike nywerhede voor die dag gekom. Dit, sowel as die voorspoedtydperk wat op die goudmyne na die devaluasie van die Suid- Afrikaanse pond op 31 Desember 1932 gewag het, het nywerheidsvestiging gestimuleer. Die invloed van die Tweede Wêreldoorlog wat 'n skaarste aan, en gevolglik 'n prysstyging van, verbruikersgoedere laat ontstaan het, was 'n verdere bydraende faktor tot industrialisasie. Ten spyte daarvan dat die goudmyne in die substreek hul toppunt in 1940 bereik het, het hulle toe alreeds lank genoeg bestaan dat voortgesette streeks-ekonomiese groei, as gevolg van die vermenigvuldiger effek, in die na-oorlogse jare kon voortgaan. Die nywerheidsontwikkeling se bydrae het met die verloop van tyd belangriker as dié van die kwynende uitgewerkte myne se bydrae tot die substreek se groei geword. Die goudmyne het egter nog die buitelandse valuta verdien waarmee masjinerie, en soms ook grondstowwe, vir die fabrieke aangekoop was. Baie potensiële nyweraars het eers na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog van Suid-Afrika se nywerheidsmoontlikhede bewus geword, en dit het 'n kumulatiewe effek gehad. Nywerhede was meesal in bestaande dorpe gevestig en kon die bestaande fasiliteite soos watertoevoer, elektriesekrag, paaie, spoorlyne, riolering, behuising, ensovoorts, benut. Fabriekswese is verder in die voorsiening van kapitaal deur staatskorporasies aangehelp. As gevolg van die goudmynbedryf het daar oor die jare 'n groot verbruikersmark in die substreek totstand gekom. Dit het veral fabrieke wat mark-georienteercle artikels vervaardig, gelok. Ten spyte daarvan dat die goudmyne algaande gesluit het, het daar geen ontvolking of werkloosheid gevolg nie, omdat die nywerhede algaande meer werkgeleenthede gebied net. Die plaaslike owerhede van die dorpe in die substreek het gunstige voorwaardes aan moontlike nyweraars gebied om hulle te oorreed om hulle in die dorpe te kom vestig. Hierdie aanmoediging het gunstige reaksie uitgelok en die groei van die dorpe was algou nie meer van die goudmynbedryf afhanklik nie. Dorpsontwikkeling in die vorm van nywerheidsgebiede sowel as residensiëlegebiede het voortgeduur in ooreenstemming met die groter vraag daarna. Die aanvanklike basiese kapitaalbeleggings in die goudmyne van die substreek, sowel as die loonverdienste het as basis gedien vir die ontstaan en ontwikkeling van die ekonomiese aktiwiteite van die dorpe. Op grond hiervan, en die opbou van die infrastruktuur gedurende die eerste fase van ontwikkeling, het die industrialisasiefase makliker bereikbaar geword veral as gevolg van die kumulatiewe effek wat dit op markverruiming gehad het. Elke suksesvolle fase van nywerheidsuitbreiding verhoog inkomste en die stedelike bevolking, en dit stimuleer verdere uitbreiding. Die dorpe moes dienste soos behuising, onderwys, water, elektriesekrag, ensovoorts voorsien, en as gevolg van die vraag daarna, het hulle bly groei. Die waarde van hierdie studie lê daarin dat dit leiding aan ander myndorpe kan gee met betrekking tot hul toekomstige, groei en ontwikkeling.af
dc.description.sponsorshipTransvaalse Onderwysdepartementen_ZA
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectGold mines and mining -- South Africaen_ZA
dc.subjectEconomicsen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Com. (Economics))--University of the Free State, 1979en_ZA
dc.titleDie invloed van die goudmyne op die ekonomiese aktiwiteite van enkele dorpe aan die Oosrand vir die tydperk 1930 tot 1970af
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record