Show simple item record

dc.contributor.advisorMarais, A. H.
dc.contributor.authorRosseau, Johannes Schabort
dc.date.accessioned2017-01-26T07:04:56Z
dc.date.available2017-01-26T07:04:56Z
dc.date.issued1978-12
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/5421
dc.description.abstractDie verstedeliking van die swartes het veral vanaf 1902 'n aanvang geneem en stelselmatig toegeneem totdat dit gedurende die Tweede Wêreldoorlog geweldig momentum gekry het. Met die totstandkoming van sekondêre nywerhede en industrieë is swartes benodig vir ongeskoolde arbeid, maar die kontrolering van instromelinge is bemoeilik aangesien die stamgebiede aan die begin van die eeu afgebaken was. Nywerheids- en stadsontwikkeling het in die Swartgebiede uitgebly en meegebring dat die enigste werkgeleentheid wat vir die swartes bekombaar was, die was in die Blanke-gebiede. Met die verstedeliking van die swartes het omvangryke politieke-, sosiale- en maatskaplike vraagstukke na vore getree wat dikwels daartoe bygedra het om vredeliewende swartes in misdadigers te verander. Gesteun deur die liberaliste en die kommuniste het die swartes ook politieke eise aan die blankes gestel en in 'n toenemende mate 'n haat vir die blanke gekoester. In sy verset teen die blanke het die ou grief van passe 'n klimaks bereik gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Georganiseer deur die kommuniste is 'n anti-pas veldtog geloods. Die Herenigde Nasionale Prty het die pas as 'n goeie beheermatreël bestempel terwyl die regerende Verenigde Party die passtelsel nie konsekwent in al die Provinsies toegepas het nie. Dit het veroorsaak dat beheer oor die instromende swartes na die stede verder bemoeilik is. Die arbeidsprobleem wat deur swart verstedeliking meegebring is het die kommuniste die kans gebied om aan te dring op die erkenning van swart vakbonde. Hierdeur kon die kommuniste die arbeidsmag konsolideer in sy strewe tot die diktatorskap deur die "massas". Die Herenigde Nasionale Party het sterk teenkanting gebied, maar die Verenigde Party het teen die einde van die oorlog swart vakbonde nie-amptelk erken. Swart verstedeliking het die segregasiebeleid van Suid-Afrika bedreig. Weer eens het dit die Herenigde Nasionale Party wat die swartes apart van die blanke wou laat ontwikkel, maar die Verenigde Party het segregasie as 'n struikelblok in die pad van rasseverhoudinge bestempel. Alhoewel die 1936-wetgewing m.b.t. die swartes nie die goedkeuring van die Nasionaliste gehad het nie, is dit nie deur die regering konsekwent toegepas nie. Die liberalistiese elemente in die Smuts-kabinet, die Naturelleverteenwoordigers en die Kommunistiese Party het voorspraak vir algehele gelykstelling gemaak. Segregasie het 'n politieke strydperk geword en na die Tweede Wêreldoorlog gesorg vir die Herenigde Nasionale Party oorwinning. Die Herenigde Nasionale Party se voetstuk van sy segregasiebeleid was die behoud van blanke heerskappy in Suid-Afrika. Dit het nie beteken dat die swartes in die toepassing van dié beleid onderdruk sou word nie, maar dat swartes apart moes ontwikkel in die gees van voogdyskap. 'n Jaar voor die Tweede Wêreldoorlog het die Herenigde Nasionale Party by wyse van 'n petisie aangedring op wetgewing teen gemengde huwelike, politieke- en ekonomiese segregasie en aparte woongebiede vir blank en Nie-Blank. Die Verenigde Party het algehele segregasie as 'n onuitvoerbare beleid beskou. Die verstedeliking van die swartes het 'n vrugbare teel-aarde geword vir Kommunisme. Die swartes is op die "onregverdige" behandeling deur blankes gewys en allerlei griewe is deur die kommuniste geëksploiteer. Vanaf 1941, toe Suid-Afrika via Engeland, bondgenoot van Rusland geword het, het die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party openlik die stedelike swartes opgerui en oproere en stakings georganiseer. Die Herenigde Nasionale Party het die kommuniste se doelstellings besef en jaarliks die Smuts-regering gewys op die verderflike invloed van die Kommunisme op die swartes, maar telkens is die Herenigde Nasionale Party se vertoë deur die Verenigde Party bestempel as "spookstories". Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die kommunistiese mondstuk, Inkululeko, ongehinderd versprei en het groter steun vir die kommunistiese ideologie ingepalm. Afgesien van die kommunistiese invloed onder die stedelike swartes tydens die oorlog het liberalisme meegebring dat daar 'n tipe Swart-nasionalise na vore getree het. Die stedelike swartes het losgeraak van sy stamverbintenis en die swart vel het verskillende swartbevolkings saamgesnoer en vir hom 'n simbool geword van onregverdige behandeling deur die blanke. Hy het die blanke nie meer beskou as toevlugsoor vir bestaan nie, maar het aanspraak gemaak op algehele gelykheid met die blanke. Politieke regte aan swartes is deur die Herenigde Nasionale Party gesien as die ondergang van die blanke in die land. Die 1948-verkiesing is oor die Swartvraagstuk geveg, en het 'n oorwinnig vir die Herenigde Nasionale Party meegebring.af
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (History))--University of the Free State, 1978en_ZA
dc.subjectBlacks -- South Africaen_ZA
dc.subjectUrbanization -- Blacks -- South Africaen_ZA
dc.subjectSouth Africa -- Politics and government, 1939-1946en_ZA
dc.titleDie politieke implikasies van swart verstedeliking in Suid-Afrika, 1939 - 1946af
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record