The learning styles of optometry students at the University of the Free State
Abstract
English: In the research project reported here, a study was conducted with a view to providing
direction to educators in the Department of Optometry at the University of the Free
State (UFS), in order for them to create a learning environment that would motivate
students to achieve excellence in the competencies and knowledge required to qualify
as competent Optometrists. This study was initiated in response to the identification of
a gap in the knowledge regarding the way undergraduate Optometry students at the
UFS in 2014 perceived and processed knowledge, known as their learning styles.
Higher education in South Africa faces many challenges. The improvement of graduate
production for economic, social, and cultural development highlights the need to
revitalise the current educational strategies to minimise the wastage of talent and to
prevent the failure of academic careers. According to both scholarly and popular
literature, the use of learning styles as an educational strategy will become more
important as it is seen as one of the success factors in higher education, contributing
to the effectiveness of learning.
The aim of the study was to describe the learning styles of Optometry students at the
UFS with a view to creating a better understanding of how students acquire learning
and to enhance the learning environment accordingly. This was attained by the means
of the following objectives, namely obtaining data to create a deeper understanding of
the significance of learning styles in the curriculum framework of higher education
institutions and identifying and describing the learning styles of the Optometry
students at the UFS according to Kolb’s Learning Style Inventory (LSI).
In the study use was made of a quantitative design. Data were gathered by means of
a questionnaire survey (Kolb’s LSI) among the registered undergraduate Optometry
students at the UFS in 2014. From the findings of the questionnaire survey, the conclusion was drawn that the
undergraduate Optometry students of 2014 employed the four learning styles
according to the following order of priority: (i) Converger; (ii) Assimilator; (iii)
Accommodator; and (iv) Diverger. The findings also indicated that neither of the
variables of age, gender, academic year, or ethnicity had any effect on the students’
preference of learning style.
These findings, as well as the data collected from the literature survey, were
incorporated in the formulation of recommendations for the enhancement of the four
components of Kolb’s learning cycle, as indicated in the aim of the study. Attention
was given to the enhancement of the learning environment most suitable for the two
most preferred learning styles. Depending on the learning outcomes and based on the
knowledge of the preferred learning styles, the lecturer may choose to match or
mismatch the learning styles of the students to the teaching method, or to apply a
multi-style teaching approach.
With the learning styles of the undergraduate students identified, the Department of
Optometry, through implementation of the recommendations, may create an optimal
teaching and learning environment that will accommodate the diversity of this
generation of undergraduate students in terms of different learning styles. Afrikaans: In die navorsingsprojek waaroor hier verslag gedoen word, is ʼn studie uitgevoer met
die doel om leiding aan onderriggewers in die Departement van Optometrie aan die
Universiteit van die Vrystaat (UV) te verskaf, sodat hulle ʼn leeromgewing kan skep wat
studente motiveer om uitnemendheid te ontwikkel in die vaardighede en kennis
benodig om as bevoegde oogkundiges te kwalifiseer. Die studie is geïnisieer in respons
op ’n leemte wat geïdentifiseer is rakende die wyse waarop die 2014- voorgraadse
Optometriestudente aan die UV kennis bekom en verwerk, bekend as studente se
leerstyle.
Hoër onderwys in Suid-Afrika staar baie uitdagings in die gesig. Die dringendheid om
die uitset van gegradueerdes te verbeter met die oog op ekonomiese, sosiale en
kulturele ontwikkeling, beklemtoon die behoefte wat bestaan om die huidige
opvoedkundige benaderings te vernuwe om die verkwisting van talent te verminder en
die mislukking van akademiese loopbane te voorkom. Volgens beide vakgerigte en
populêre literatuur sal die gebruik van leerstyle as 'n opvoedkundige strategie al
belangriker word, aangesien dit beskou word as een van die suksesfaktore in hoër
onderwys en dit bydra tot die effektiwiteit daarvan.
Die doel van die studie was om die leerstyle van die 2014-Optometriestudente aan die
UV te beskryf met die oog daarop om 'n beter begrip te kry van hoe studente leer en
die leeromgewing dienooreenkomstig te verbeter. Dit is bereik deur middel van die
volgende doelwitte, naamlik die verkryging van data om 'n beter begrip van die
betekenis van leerstyle in die kurrikulumraamwerk van hoëronderwysinstellings te
bewerkstellig, en die identifisering en beskrywing van die leerstyle van die
Optometriestudente aan die UV aan die hand van Kolb se Leerstylinventaris (LSI). In die studie is gebruik gemaak van 'n kwantitatiewe navorsingsontwerp. Data is
ingesamel deur middel van 'n vraelysopname (Kolb’s LSI) wat in 2014 deur die
geregistreerde voorgraadse Optometriestudente aan die UV voltooi is.
Uit die resultate van die vraelysopname blyk dit dat die voorgraadse
Optometriestudente wat gedurende 2014 aan die ondersoek deelgeneem het, die
volgende vier leerstyle, in prioriteitsvolgorde, geïdentifiseer het: (i) Konvergeerder; (ii)
Assimilator; (iii) Akkommodeerder; en (iv) Divergeerder. Die bevindinge het ook
aangedui dat nie een van die veranderlikes van ouderdom, geslag, akademiese jaar en
etnisiteit enige effek op die studente se voorkeurleerstyl gehad het nie.
Hierdie bevindinge, asook die data uit die literatuuropname, is geïnkorporeer in die
formulering van aanbevelings vir die verbetering van die vier komponente van Kolb se
leersiklus, soos aangedui in die doel van die studie. Aandag is gegee aan die
verbetering van die leeromgewing vir die twee prioriteitsleerstyle. Afhangende van die
leeruitkomste en gebaseer op die kennis van die voorkeurleerstyle, kan die dosent kies
om die onderrigmetode by die leerstyl van die studente aan te pas, of om dit juis te
laat verskil, of om 'n multistyl-onderrigbenadering te gebruik.
Met die leerstyle van die voorgraadse studente geïdentifiseer, kan die Departement
van Optometrie, deur die implementering van die aanbevelings, 'n optimale onderrigen
leeromgewing skep wat die diversiteit van hierdie generasie van voorgraadse
studente ten opsigte van verskillende leerstyle, kan akkommodeer.